Verified Reviews
Britstown
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Britstown
Rated 3.5 out of 5 based on 351 reviews.
"Goeie potensiaal. Dorpie het relatief goed behoue gebly. Dorpie is nie totaal verwoes soos vele ander klein dorpies in SA nie."
"'n Absolute moet besoek. Een aand oorslaap is te min om werklik alles te waardeer."
"Sover ons kon sien, is daar net 'n gedeelte van die dorp wat netjies onderhou is. Gee nie 'n baie goeie indruk nie, maar voel nie onveilig nie."
"Being halfway is ideal. The town itself is not safe. People must take practically all the necessities. The shop is very basic."
"Uhh, o ja, daar is 'n baie lekker koffiewinkel (iets van 'n ou meule) en eetgoed (ete) as jy te lui is om op die gasteplaas te gaan braai - en gaan kyk na die kerk."
"Klein dorpie, sien of weet niks van wat toeriste daar sal lok nie. Miskien weet ek net nie van so iets in die dorp nie. Ook te veel bedelaars in die strate. Voel nie so veilig om daar te stop nie."
"Stop gerus by The Old Mill Coffee Shop vir heerlike kos en verversings. Maak net seker jy doen dit voor 3pm, hulle sluit vroeg!"
"Ons hou van klein plaasdorpe, daarom het ons Britstown gekies. Ons het ontbyt by Transkarro Country Lodge gehad en deur die een hoofstaat dorp gery. Ongelukkig met ons Ekonomiese staans in Suid-Afrika was ons gebombardeer deur mense wat gebel het en dit was vir ons ongelukkig onaangenaam."
"Dorpie lyk maar verwaarloos soos mens deur hom ry, maar het nie regtig uitgevind nie."
"Britstown is 'n uitstekende halfwegstasie, veral omdat paaie hier aansluit vanaf Weskus/Namakwaland en ook die Suidwes-Kaap."
"Ek dink die dorpe het so agteruit gegaan op die pad na Potchefstroom - dis baie teleurstellend. Ek noem dit, met geen diens wat ek in dorpe gebruik het nie en net verby te ry."
"Klein dorpie, weet nie regtig of hul iets vir toeriste aanbied behalwe oornagverblyf vir vakansiegangers wat wil oorslaap op hul reis nie."