Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4860 resensies.
"Beautiful views en lieflike wegbreekplekkie vir redelike pryse. So ook heerlike wynproe in die Boland!"
"Wens ons kon daar gaan bly, veral Durbanville waar ons as Afrikaanssprekendes baie welkom gevoel het. Dis net jammer dat plakkers orals toegelaat word, want hulle bemors die areas. "
"Absoluut pragtig en vriendelike mense. Ongelukkig is dit redelik duur, maar dis te verwagte. Die weer is ook baie onvoorspelbaar, maar oor die algemeen is dit nog steeds 'n heerlike plek vir vakansie, want selfs al reën dit, is daar nog tonne om te doen."
"Kom kuier in Kaapstad of Simonstad en raak in vervoering met die mooi natuurtonele. Ry met die Ou Kaapse weg en stop om die skoonheid in te asem."
"Kaapstad is ’n moet vir enige toeris met genoeg besienswaardighede om jou vakansie onvergeetlik te maak."
"Darem net die mooiste plek op aarde met die vriendelikste mense. Dink nie daar is plek op hierdie aarde waar mens so naby mens se skepper voel as hier in die Kaap nie. Dis net awesome mooi en so skoon."
"Dis die skoonste stad waar ons al ooit was. Dienslewering is baie beter as in Gauteng."
"Blootgestel aan Kaap omgewing sedert ek 'n kind was. Kaapstad is gemaklik om rond te gaan, baie om te doen vir alle belangstellings en ouderdomsgroepe. Kaap-omgewing het duur geraak vir Suid-Afrikaners wat graag hulle eie land wil verken. Dit is jammer dat meeste aktiwiteite grootliks op die oorsese mark gefokus is en ons eie land se gemiddelde gesinne begin uitsny tot 'n groot mate."