Verified Reviews
Clanwilliam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clanwilliam
Rated 4.4 out of 5 based on 333 reviews.
"Clanwilliam is 'n heerlike dorp om vir al tydens die blomme seisoen te besoek. Heerlike klein winkels en ander besoekwaardige juweeltjies is oral te kry. Die blommeskou se uitstalling was ongelooflik en 'n moet vir blommekykers voor hulle verder reis. Dit gee jou 'n baie goeie idee waar om vir blomme te gaan soek. Lekker tee- en koffiewinkels en wonderlike eetplekke. Goeie waarde vir geld."
"Mooi dorpie, maar die mense maak dit nog mooier. Was ons eerste besoek, maar beslis nie die laaste nie."
"Verbasend was al die doendinge in Clanwilliam Saterdagmiddag gesluit. Wupertal winkel, Rooibosfabriek, ens. Dis blommekyk tyd, sekerlik is daar baie ander toeriste wat soos ons voel."
"Hulpvaardige mense en 'n ideale vakansiebasis dorp om ook die omgewing te verken."
"Clanwilliam is nie 'n plek waar jy tonne kruideniersware sal kan gaan koop nie, maar jy sal wel dit daar kry as jy iets vergeet het. Die dorp is super besig en mens kry nie regtig parkeerplek oor die naweek nie. "
"As jy van die stad se gejaag wil weg kom is Clanwilliam die regte dorp om rustig te kan verkeer."
"Hulpvaardig, maar anders as die stad moet alles bestel word. Dit kan soms langer as verwag duur."
"Lovely drive through the mountains and a bit of history. Good wine. "
"Die droogte met gevolglike tekort aan water het vir seker 'n uitwerking op die toerismebedryf. Indien beskikbaarheid van water weer terugkeer na normaal, verdien hierdie pragtige dorpie vyf sterre!"
"Clanwilliam is 'n pragtige dorpie tussen die mooiste berge en met baie vriendelike mense."
"Dis wonderlike plek, maar mens kan sien waar jy regtig inpas na jou booking."