Geverifieerde Resensie
Nxuba (Cradock)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nxuba (Cradock) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 313 resensies.
"Dis ‘n lieflike dorpie en die mense wat daar bly kyk mooi daarna! "
"Omgewing baie mooi. Die paaie in die dorp sal egter opgradeer moet word. Baie slaggate. "
"Well worth an overnight stop to visit to the national park and to do the Cradock park run."
"Cradock is a beautiful, quiet city, especially when one wants a quiet time out of a busy and noisy Port Elizabeth."
"Cradock is 'n klein plekkie. Mense is baie behulpsaam en vriendelik. Not much to do in Cradock. Well worth a short stay!"
"Jammer om te sien dat dorp so vervalle geraak het. Ons het die Olive Schreiner huis besoek en die kurator was uiters bekwaam en baie interessante inligting deurgegee."
"Cradock het baie aan besoekers te bied - veral die Bergkwagga Nasionale Park!"
"Mountain Zebra National park is very close, so if you cannot afford to stay in the park, Cradock offers plenty of very affordable accommodation."
"Mooi Karoo-dorpie, maar moet net baie restaurante probeer het aangesien baie reisigers die dorp verby ry. Hulle moet verander word as Toeriste. Die munisipaliteit moet baie doen daar omtrent want daar is potensiaal."
"Die dorp is baie besig met trokke, maar dis die tipe dorp wat dit is. Ons het baie lekker gekuier by die plekke en baie baie lekker geëet. Die dorp het baie geskiedenis, jy moet dit net gaan soek. Ek sal weer die dorp gebruik, maar net as 'n oornagstop. "
"Die dorp self kort baie aandag. En ek verstaan dat besighede op die oomblik dit onderhou aangesien munisipaliteite dit nie doen nie. "
"Interesting historical town with varied worthwhile activities available. Mountain Zebra National Park is definitely worth a visit while staying in Cradock."
"Cradock beskik oor die vermoë om waarskynlik een van dié toeristebestemmings in Suid-Afrika te wees. Daar is soveel geskiedenis in en om Cradock. Daar is die Bergkwagga Nasionale Park wat baie pragtig is en 'n klipgooi buite die dorp. Die NG Kerk op die dorp is moontlik een van die mooiste NG kerke in Suid-Afrika. Die geboue van Cradock Hoërskool is 'n moet om te sien. By die Olive Schreiner huis kry 'n mens nie net 'n beter begrip van haar en haar familie se lewe nie, maar ook van die mense van Cradock gedurende daardie tyd. Cradock het van die mooiste ou huise in een dorp wat met 'n bietjie aandag en restorasie elkeen waarskynlik in 'n besienswaardigheid omskep kan word. Die monument van die Cradock 4 is 'n moet om te besigtig. Probeer om saam met 'n gids te gaan wat ondermeer agtergrond kan gee waarom die monument juis op die spesifieke plek opgerig is. Wat ook belangrik is, is om met mense van Cradock te gesels oor al die geskiedenis van die dorp en die omgewing. Cradock is soos 'n goudmyn wat wag om ontgin te word. Die een groot faktor wat Cradock moontlik daarvan weerhou om 'n gewilde toeristebestemming te word, is die nalagtigheid van die munisipaliteit om instandhoudingswerk aan paaie en die algemene infrastruktuur van die dorp te doen. Mag dit in die toekoms verander. "
"Interessante plekkie. Ongelukkig swak onderhoud van strate. Pragtige Karoodorp! Goed versorgde woonbuurte. Lekker rondgery. "