Verified Reviews
De Rust
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in De Rust
Rated 4.5 out of 5 based on 216 reviews.
"Vriendelike dorpsmense. Heerlike koffiewinkels en winkels het als wat jy mag nodig kry."
"Pragtige dorp. Rustig en skoon. Net jammer van die talle kinders wat bedel."
"De Rust is 'n baie oulike dorpie en beslis 'n goeie naweekplek om te gaan kuier. "
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Beste plekkie om ietsie te eet is by The Village Trading Post. Vriendelike diens en lekker kos."
"De Rust self bied nie teveel nie, maar dit is sentraal geleë en perfek om vir n dag deur te ry na Prince Albert, Oudtshoorn, George, ens. "
"Ons is ongelukkig vroeg uit en laat in. Kon dus nie veel van die dorp geniet of besoek nie."
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."
"Bekoorlike dorpie met vriendelike mense. Baie mooi en rustig."
"It has a lovely village feel about it. All the shop owners are super friendly and you can literally get everything you need in terms of supplies. Over holiday periods fresh fruit and veg sell out quickly. Coffee shops are excellent with free wireless and can definitely recommend Ray's. There are 2 petrol stations, wine shops, 2 little supermarkets, gift shops, great hairdresser up one of the side roads etc. and its just a couple of minutes drive from the farm."
"Klein, rustige, plattelandse dorpie met geen groot winkelsentrums nie. Die nodigste goedere is wel beskikbaar. Verskeie besienswaardighede kan in die omgewing besoek word."
"Ons sal beslis terugkom na De Rust, dit is 'n netjiese Karoo-dorpie met baie om te sien en doen op die dorpie self en omliggende omgewing."
"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "