Verified Reviews
Drakensberg, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 4382 reviews.
Clarens, Drakensberg, South Africa
De Ark Mountain Lodge"Clarens is wonderlik en daar is veskeidenheid dinge om te sien en doen sowel as heerlike eetplekke. Dit is 'n pragtige wêreld en moet besoek word. Daar is ook baie oulike koffieplekke in die hele omgewing. Probeer gerus Die Bus Stop net buite Clarens op pad na die Golden Gate Natuurreservaat."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Fairview Cottages"Clarens is 'n besonder mooi dorpie, ligging en fasiliteite baie goed."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Knock Out View"Baie ou en stylvolle dorpie wat dit 'n baie lekker kuierplekkie maak."
Clarens, Drakensberg, South Africa
De Lusthof Guest Farm"Rustige omgewing weg van die stad se gewoel met al die kunsstalletjies."
Clarens, Drakensberg, South Africa
The Courtyard Guest House"Ons het die dorpie regtig ten volle geniet. Het net nie 'n inligtingskantoor opgemerk nie. Sou dit waardeer het."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Rooiland"Toeristedorp by uitstek. Verbasend die Afrikaanse diens wat ons ontvang het. Pryse van restaurante in die kol."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Mont Rouge"A great weekend get-away destination within 3.5 hours of Joburg, stunning scenery and lots of lovely shops and art galleries to explore."
Champagne Valley, Drakensberg, South Africa
Hill Billy's Self-Catering Accommodation - Unit 1"Beautiful scenery and so much to see and do."
Clarens, Drakensberg, South Africa
V'Kansi Khaya"Wonderlik, my beursie met al ons kaarte, my lisensie en R2000 kontant buite die pub in Clarens op die stoel laat lê, toe ek dit 'n paar uur later ontdek was ek seker ek het alles verloor ... Nie in Clarens nie, iemand het dit opgetel. Weet ongelukkig nie wie nie, feit is ek het dit terug gekry met al my geld, kaarte nes dit was. Baie dankie vir eerlike mense, ek sal Clarens altyd met 'n "feel good" gevoel onthou."
Clarens, Drakensberg, South Africa
The Courtyard Guest House"Fantasties - ons sal weer en weer kom kuier!"
Champagne Valley, Drakensberg, South Africa
Birdsong Accommodation"Ons uitsig vanuit die Birdsong Cottage was droomagtig en ons kon sit en staar na buite vir die hele week, maar daar was egter so baie om te doen in die vallei, dat daar baie min tyd vir droom was. Van Westline Aviation se sjampanje stop met hul helikopter bo op die berg, tot die opwindende Drakenspeak Zip lining combo met die kinders (3 en 5 jaar) was definitiewe hoogtepunte. Selfs abseiling is aangedurf. Die "Birds of Prey" se opvoedkundige vertoning by Falcon Ridge kan ook aanbeveel word. Natuurlik was die Drakensberg Seunskoor konsert ook van die hoogtepunte wat ons nooit sal vergeet nie. Birdsong Cottage was binne 15 min se bereik van al die aktiwiteite. Die Valley Bakery was ons gunsteling plekkie om te eet, met vars croissants en hope speelplek vir die kinders."
Van Reenens Pass , Drakensberg, South Africa
Pyramids Motel"Daar is nie baie inligting beskikbaar i.v.m dinge om te doen en sien op en om van Reenens-pas nie."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Hannic's Retreat"We went to Clarens when the autumn colours were at their most stunning. No shortage of restaurants and coffee shops and the town is beautifully maintained and kept very clean."
Clarens, Drakensberg, South Africa
The Courtyard Guest House"Just loved the place. It was our first visit and it certainly lived up to expectations and to the comments I have heard over the years. Like living in a museum. Will most certainly return."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Rooikat Cottage"Dit is die ideale wegbreek vir 'n langnaweek. Daar is baie winkeltjies, restaurante, galerye en is net 'n klipgooi weg van Golden Gate Nasionale Park."
Van Reenens Pass , Drakensberg, South Africa
Pyramids Motel"Die natuur in die omgewing is baie pragtig. "
Champagne Valley, Drakensberg, South Africa
Hill Billy's Self-Catering Accommodation - Unit 1"We had a great hike up to the Nandis Falls and loved our visit to Falcon Ridge."
Fouriesburg, Drakensberg, South Africa
Oranje Guest Farm"Goed geleë, interessante snuisterye-winkels en restaurant. 'n Juweel in die herfstyd vir fotografie, pragtige omgewing."
Clarens, Drakensberg, South Africa
Highland Quarters"Pragtige natuurskoon met baie interessante winkels en dinge om te doen. Ek kan 'n kort opvoedkundige besoekie aan die Ash River Outfall aanbeveel. "