Verified Reviews
East London
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in East London
Rated 4.1 out of 5 based on 225 reviews.
"Gonubie en ander gebiede soos Morgansbaai baie aangenaam, maar Oos-Londen vuil en verwaarloos. Sal verseker nie daar gaan bly nie."
"East London city is run down and stuck in a time warp. There has hardly been any development in the city since I left in 1978."
"Nie Oos-Londen self besoek nie, maar beslis baie om te sien en te doen volgens info."
"It ia very far but also beautiful. I loved every moment of my time there. It wasn't overcrowded at all."
"Maak jou reg vir wind en 'n wonderskone omgewing! Doen moeite om die area te verken, daar is baie oulike staproetes!"
"Vir my was dit die skoon strande in Oos-Londen. Ek en my vrou het ons tydjie terdeë geniet. Ons sal beslis weer in Oos-Londen kuier."
"Die weer was nie so aangenaam nie. Die paaie het verbetering nodig met al die slaggate! Maar ons het vir die familie gaan kuier en dit was wonderlik. Baie dankie."
"Ons het 'n jaar terug vir die eerste keer Oos-Londen besoek en ons is verslaaf. Wanneer die geleentheid hom bied, is ons vinnig in die kar vir 'n heerlike naweek en was nog nie een keer teleurgestel nie."
"I haven't seen too much of East London, all I will remember is The Cow Shed which is an amazing local restaurant. The infrastructure is not like the major cities in South Africa."
"Ons het tee en scones geniet by Morgan Bay Hotel. Nahoon strand bly maar net een van die mooiste ooit!"
"Ons sal enige tyd in Gonubie oornag en daar na die strand gaan. Die dorp gedeelte het dit nie vir ons gedoen nie."
"Sommige paaie is ontoeganklik en ongerieflik as gevolg van die feit dat die GPS nie verbouings optel nie en ons 'n paar keer deurmekaar moes ry om by ons bestemmings uit te kom. Die dorp sal nooit my gunstelingplek wees nie."
"Besoek was te kort om Oos Londen te verken, maar was baie beïndruk met dit wat ons 'n kort tydjie kon waarneem en beplan om weer Oos Londen te besoek en definitief vir 'n langer tydperk!"