Verified Reviews
Elands Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elands Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 122 reviews.
"Naweek bestemming. Sal nie langer daar vertoef nie."
"Elandsbaai is 'n baie klein dorpie met slegs klein winkeltjies en alle kos moet verkieslik saamgebring word. Dit is ideaal vir mense wat stilte wil opsoek en lekker rus."
"Rustige dorp met slegs kafees. Die naaste dorp met meer winkels is Lambertbaai. Elandsbaai is perfek vir 'n wegbreek uit die stad. Hierdie bestemming is perfek vir visvang en kreefduik."
"Unfortunately the winds were extremely strong during our stay which hampered our movements and activities a bit, although centrally located for day trips. Not that much to do if you are looking for a lot of activities to do specifically for families with kids. A nice enough destination if you are looking to get away from the hustle and bustle of city life and just unwind."
"Baie klein gemeenskap, maar tog nie heeltemal afgesny van naaste dorp nie. As jy van rustigheid hou is dit die plek vir jou."
"Lovely little town with a beautiful beach. There are bushman paintings and great surf!"
"It is a rural tourist town. Not much to do. The natural beauty does make up for what it lacks."
"Pragtig maar baie stil hang af waarvan jy hou. As stilte jou ding is dan is die 'n moet."
"Veiligheid is altyd 'n bekommernis, maar hier het ons opgelet hoe aktief die plaaslike wetstoepassing is - daar word aanhoudend patrollies gedoen en hul handhaaf heeltyd sigbare teenwoordigheid. Dis uiters gerusstellend en 'n mens kan vrylik rondstap, selfs in die aand op die strand. Die dorpie is klein en rustig, en die eetplekke se kos bobaas. Die omgewing het verbasend baie doen- en siendinge. Gesels maar net met die locals, en jy sal hulle ontdek."
"Ons gaan al jare soontoe, en geniet dit altyd terdeë. Mal oor die strand en die vriendelike mense."