Verified Reviews
George
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1021 reviews.
"Ek kan julle 11/10 gee vir die netheid van Heroldsbaai. Dankie dat julle vir ons 'n veilige vakansie bied. Dankie vir die Lewensredders wat altyd wakker en op hulle pos is. "
"George is vir seker die skoonste dorp wat ek in 'n lang tyd teëgekom het - hou so voort George Munisipaliteit!"
"Heroldsbaai is 'n baie lekker dorpie en die lekkerste strand. Naby baie om te doen."
"Baie stil, rustige buurt maar tog naby genoeg vir vinnige aankope in die dorp. Net wat 'n natuurliefhebber nodig het. "
"Behalwe dat dit bietjie moeilik is om heeltyd George toe te ry vir inkopies, was dit so mooi en rustig. Love die plek. "
"'n Fantastiese strand, maar ek kan dink dat dit oorvol is gedurende die seisoen. "
"Lieflike stil rustige strandjie (miskien die feit dat dit in die week was wat dit so lekker rustig en stil gemaak het). Die roomysstalletjies onder langs die see is 'n besoek werd. "
"Die mense is baie vriendelik, dit was lekker om in die dorpie te kuier."