Geverifieerde Resensie
Gqeberha (Port Elizabeth)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gqeberha (Port Elizabeth) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 822 resensies.
"Ek was baie teleurgesteld dat daar nie meer dolfyn vertonings plaasvind nie. Daar is nie veel te doen in die Humewood, Kingsbeach-area nie. Dit is beslis onveilig om selfs helder oordag in Happy Valley te gaan stap."
"Dit is baie jammer van die waterkrisis in PE, mens voel amper skuldig om water te gebruik wanneer jy daar is."
"Sekerlik goed, maar swak stadsbestuur blyk oral dieselfde te wees - vakansiebestemming definitief, bly in die voorstede en vermy die middestad soos oral."
"Ek het maar nog altyd 'n sagte plekkie vir Port Elizabeth gehad. Van my heerlikste en "memorable" vakansies was Desembermaande op Brookshill Karavaanpark deurgebring. Daar is intussen baie ontwikkel en uitgebrei. As ek die geleentheid kry, sal ek enige tyd terugtrek daarheen. As daar nou net iets gedoen kan word aan daai wind."
"Charming, friendly locals with very moody weather. Great destination for a work trip."
"I wish Gqeberha had more activities for travellers but we enjoyed the boat cruize and the food."
"Daar is baie om te doen in Port Elizabeth. Ons gesin het deelgeneem aan zip-lining, sand-boarding en het ook die Addo Elephant Park besoek. Alles baie goeie ervarings!"
"PE self is 'n goor plek, gagga! Geen estetiese waarde nie, maar 15 min se ry na Schoenmakerskop, dan is mens in 'n ander dimensie!"
"Daar is nie veel om te doen in PE nie, maar ek het familie en vriende daar so dit het die kuier spesiaal gemaak. Ons het by Off the Hook in die hawe gaan eet en dit was fenomenaal! Beste waarde vir geld met die seekos platters! Sal beslis weer daar gaan eet."
"Lovely dunes and beaches and activities for children. Many game parks both Sanparks and private parks. Lovely hills and green areas for walking and picnicking. Arts and crafts to visit."