Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1346 resensies.
"Ek het net deurgery en kan nie regtig 'n indruk gee nie. Die dorp het baie karakter en die mooiste geboue soos die kerk wat 'n moet is om te sien."
"Graaff-Reinet is 'n lieflike dorp met baie mooi ou geboue en kerke. Die foto's en geskiedenis in die Pioneers restaurant is baie interessant."
"Die kaktustuin was ongelukkig toe in die middag. Die dorp het aandag nodig op party plekke, soos die park agter die kerk."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige plek met genoeg besienswaardighede om 'n gesin lekker besig te hou. Beslis 'n besoek werd."
"Only thing we didn't find was small souvenirs that day. Like spoon rests, tea bag holders, mugs etc."
"Karoo omgewing is vir ons mooi en met paar interesanthede in die omgewing het ons 2 dae verbygesnel - sal enige tyd weer daarso oorbly."
"So netjies! Besoekers moet definitief die Vallei van Verlatenheid besoek.. Ongelooflik mooi! Hulle moet net nie Google Maps se pad volg soontoe nie, vra eerder in dorp die aanwysings."
"Lovely town to visit and have recommended to friends as worth a visit."
"Daar is nie 'n genoeg besighede waar 'n vinnige ontbyt geniet kan word nie. Die strate het slegs parallelparkeerplekke wat daartoe lei dat mens van eetplekke af moet parkeer. Dit voel ook nie veilig om jou kar met vakansie bagasie daar te stop nie. Eet eerder by die oornag akkommodasie self."
"Ek dink net dat mens tyd moet maak om met die plaaslike mense te praat en uit te vind waar die goeie plekke is om te besoek."