Verified Reviews
Graskop
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graskop
Rated 4.4 out of 5 based on 552 reviews.
"Graskop as 'n dorp is geleë naby al die toeristebestemmings en dit is wat maak dat dit 'n goeie plek vir verblyf is."
"We love Graskop. We go there every year. It's got a lovely vibe during the holidays and everyone is very friendly."
"Graskop is 'n pragtige plekkie met baie aktiwiteite om te doen. Alles is naby mekaar geleë en daar is baie restaurante om van te kies."
"Die beste bestemming is gerieflik geleë en gaan ons beslis weer die area besoek omdat daar soveel besienswaardighede is."
"Pragtig, 'n moet besoek bestemming. Soveel om te doen wat naby aan Graskop geleë is soos Burke's Potholes (ongelooflik mooi), Lisbon Falls, Pelgrimsrus naby, Harry's Pancakes asook die local pub is 'n moet gedurende jou besoek."
"Gerieflik geleë naby baie besienswaardighede waarvan die Graskop Gorge Lift God's Window sekerlik van die mees gesogste is. Gerieflike afstand van Sabie, Pelgrimsrus en Hazyview. Ek sal definitief die Waffle Hut aanbeveel asook die outrides (inligting kan by Blue Swallow Chalets gekry word)."
"Dis 'n rustige vakansie dorp en naby alles. Ons kon maklik net daar ingeboek het dan het ons nie ander onkostes op ander verblyf nodig gehad nie. Sal graag weer daar bespreek."
"Jy kan net soveel keer in dieselfde Afrika goetertjies in die winkels vaskyk. Op buitelandse toeriste ingestel, veral prysgewys. 'n Pragtige omgewing wat elke Suid-Afrikaner moet besoek!"
"Die natuur in en om Graskop is bitter mooi, maar die dorp self is nogals teleurstellend. Die winkels lyk so slordig en onooglik. Die dorp kort definitief aandag om meer toeristevriendelik te wees. Eetplekke is maar min en hier en daar 'n ordentlike plek om te eet."
"Graskop is a small, safe and very beautiful town that is close to tourist attractions. The people around the area are so friendly. "