Verified Reviews
Graskop
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graskop
Rated 4.4 out of 5 based on 541 reviews.
"Graskop is a nice place to be and experience the beauty of nature especially God's window, Mac Mac falls, Three Rondavels, Berlin Falls, Bourkes luck pot holes etc. And the weather is so amazing!"
"Volgende keer sal dit lekker wees as die omgewing nie heeltemaal toe is van die mis nie, maar... ons mag seker nie kla nie want die omgewing was vreeslik droog en hulle het die reën nodig!"
"Graskop is ideaal, daar is baie om te doen en plekke om te besoek. 'n Geskikte plek vir adrenalien-verslaafdes!"
"Graskop is a friendly, small town which is a good starting/ending point for the panoramic route from/to Johannesburg and you can get delicious pancakes on the way."
"Graskop is 'n lieflike klein plekkie met baie doendinge, vriendelike mense en geleë in die mooiste omgewing. "
"Loved the town, you can spend a whole day there, the atmosphere is wonderful and there are so many places to eat out. The sight seeing in Graskop and surrounds is magical!"
"Graskop het baie potensiaal en ek dink op 'n stadium was daar baie meer te sien en te doen in die dorp. Ongelukkig soos so baie ander toeristedorpe is dit besig om dood te bloei. Smouse is 'n groot bron van irritasie in die hoofstraat. Hulle pak die sypaadjie aan die eenkant van die straat toe en almal wil dieselfde goed aan jou verkoop. Hulle wil nie nee vir 'n antwoord vat nie, veral die wat neute verkoop. Ek hoop regtig Graskop se toerismeforum kan iets positief doen om die dorp weer "op die map" te kry, want dis 'n mooi dorp in 'n mooi omgewing. "
"Graskop is pragtig en sentraal en ideaal as 'n toeristebestemming. Die dame van die fotografie studio op die dorp moet meer advertensie kry want sy is gaaf en bied goeie afleiding met die fotossessies waar mens kan opdress in kostuums van jare gelede. Dit was baie fun!"
"House of glass. Best plek ooit. Sal beslis weer daar gaan eet, asook aan ander aanbeveel. 10 uit 10."
"Graskop is lekker sentraal geleë en dus ideal vir 'n besoek aan die gewilde plekke in die area."
"Pragtige wêreld wat almal moet besoek. Baie mooi goedjies om te koop en lekker plekkies om te eet en te kuier."
"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."
"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "
"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."