Verified Reviews
Haenertsburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Haenertsburg
Rated 4.6 out of 5 based on 54 reviews.
"Haenertsburg is klein, maar so sjarmant. Maak seker om by die brouery op Cheerio Lane in te loer. Almal is super vriendelik, heerlike kos en elke plekkie het 'n besondere atmosfeer en-/of 'n wonderlike uitsig."
"Dis 'n oulike plekkie met baie potensiaal, maar ek dink nie die omgewing word goed genoeg bemark nie."
"Dis baie rustig met 'n keuse van goeie eetplekkies in en om die natuurdorpie. Die winkelsentrum lawaai baie, bly weg! "
"'n Wonderlike onontginde toeristedorpie wat geen tree hoef terug te staan vir Dullstroom of Pelgrimsrus nie met heerlike eetplekke in die dorp, maar ook in Magoebaskloof omgewing; en natuurlik verruklike natuurskoon!"
"Verskriklik rustig en pragtige natuur. Vriendelike omgewing en baie lekker wegbreekbeestemming. "
"Die dorpie is oulik met 'n goeie verskeidenheid van eetplekke. Goed vir 'n naweek."
"Baie mooi omgewing, lekker eetplekke en baie interessante winkeltjies maar die tuine en kwekerye in die omgewing was die hoogtepunt!"
"Skoon en netjiese dorp met baie vriendelike mense. Sal graag die plek weer besoek."
"Baie interessante dorp maar geen pamflette wat toerisme kan lok na die gebied, bv Long Tom wat daar lê, winkels 'n bietjie min variety, eetplekke baie en netjies met goeie disse sal graag wil sien dat iemand 'n boekie of pamflet op verskeie prominente plekke sit wat die besoekers sal sien en gebruik. Dieselfde met Houtbosdorp."
"Haenertsburg / Magoebaskloof is 'n wonderlike bestemming en ek beveel dit ten sterkste aan vir 'n besoek. Die natuur is wonderskoon en die mense gasvry."