Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 758 resensies.
"Pragtige plek met alles wat 'n mens kan vra om jou vakansie nog lekkerder as lekker te maak."
"As jy gaan shop by klerewinkels, vind uit oor die specials anders is die pryse te hoog vir Jan en alleman."
"Lekker plekkie waar my ma nog bly - moet sê dit het baie uitgebrei vandat ek klaargemaak het met skool daar in 2000. Maar die plattelandse gevoel is steeds met hulle aangesien mense op straat en strand nog groet. Maar dit gesê - ek is self nie baie lief vir die seelewe nie en bly rustig hier naby Vrede op pad Clarens toe - wens almal daar als van die beste."
"Soos alle vakansieplekke het Jeffreys ontsettend gegroei en het so bietjie van sy sjarme verloor, voel te veel soos 'n stad en nie meer die kusdorp wat ek van my kinderdae onthou nie, maar "each to their own". Kom besluit vir jouself."
"Jeffreysbaai is 'n pragtige vakansiedorpie. Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet by 'n verskeidenheid van restaurante."
"Ons het slegs besoek vir die Baviaans fietsren. Nie kans gehad vir toerisme-aktiwiteite. "
"Vriendelike mense, ons het ingeloer by Flower Boutique en J-Bay Biltong, het lekker gesels met die eienaars. Voorstrand-area baie mooi uitsig op die see, het koffie gedrink by Tasty Table Cafe, oulike plekkie."
"Kom beslis weer. Net 'n cool plek. Almal baie vriendelik. Surf winkels. Baie goeie inkopie-ervarings."
"Uitstekend en baie keuses van verblyf en pryse, mooiste dorp en omgewing, baie om te doen."