Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Die dorp is redelik netjies, maar die verval is maar sigbaar. Covid het waarskynlik 'n rol gespeel met heelwat minder reisigers wat hier oorgeslaap het."
"Prieska is not really a place of interest unfortunately. General degradation of the town is prevalent as well as striking signs of poverty, plus concerns of safety. I still recommend it as a stop over as opposed to towns on the national roads N12 eg. Kimberley route."
"Pragtige dorpie met heelwat om te sien. Ek sou graag nog 'n dag daar wou deurbring."
"Ek is so jammer dat 'n dorpie met soveel potensiaal so erg geraak was deur Covid. Ek hoop dat dit sommer gou weer sal straal. Maar wat my betref is dit steeds die perfekte ligging vir oornagverblyf tussen Kaap en Gauteng."
"Gariepdam was 'n belewenis met die goeie reënval en die sluise wat oop is. Die ideale oornag stop op pad terug van jou Kaapvakansie!"
"Die elektrisiteit is gereeld af in Colesberg, die laaste tyd, al is daar nie beurtkrag nie. Ek het dit ondervind beide in Desember 2021 en Januarie 2022."
"Die Vallei van Verlatenheid is die moeite werd om te besoek."
"Die dorp het 'n ryk geskiedenis wat glad nie genoeg bemark of oorgedra word aan mense nie."
"Besoek padstal buite dorp. Deli binne die dorp vir lekkernye en vleisgeregte. Oop op Sondagoggende met terugreis."
"Jy moet die Karoo besoek. Hy het sy eie skoonheid. Stop, stap in die veld en kyk af! Derduisende plantjies onder jou voete wat jy nie van die pad af kan sien nie. Sy mense is vriendelik en altyd lus vir n geselsie!"
"My ouers het daar gewoon so ek sal altyd 'n spesiale plekkie in my hart hê vir Prins Albert."