Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Fees vir die oog en hart. Pragtige natuurskoon en dorp met ouwêreldse sjarme."
"Verskriklik warm in die somer. Oulike restaurante. Regte plek vir halfpadstop tussen Johannesburg en die Kaap."
"Desembermaande gaan dit by Colesberg soos by die Betlehem van die Bybelse tyd, dit is oorvol want almal soek oornagverblyf. Dit is altyd opvallend hoe gasvry en behulpsaam die mense is."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Die besoek aan die geskiedkundige NG Kerk was die hoogtepunt. Daar is georganiseerde besigtigingstoere wat mens moet meemaak. Dit is ook 'n goeie idee om vooraf bietjie oor die geskiedenis van die dorpie te lees. "
"As jy ooit deur Beaufort-Wes ry, maak gerus 'n draai by 4sheep - die beste plekkie om 'n burger te geniet en jou battery te herlaai."
"Baie oulike winkeltjies, alles maklik verkrygbaar, vriendelike mense."
"Ons was verbaas oor die oulike dorp. Het altyd gedink dis 'n stowwerige ou plekkie, maar dis regtig oulik."
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Pragtig netjiese dorp om op trots te wees. Baie om te sien, vriendelike inwoners! "