Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11431 reviews.
"Daar is maar baie min om te doen, anders as om oor te bly om die volgende dag verder te ry. Of om deel te neem aan die jaarlikse MP Prinsloo Jukskei-toernooi."
"Die gastehuis maak op vir die dorp se gebreke. Werkloosheid eis maar sy tol op dorpies soos hierdie."
"Ongelukkig het ons oorgeslaap op 'n Sondagaand en was meeste plekke toe gewees die dag."
"Die dorp was netjies en vir 'n Gautenger is dit 'n welkome verandering en verrassing. Die restaurant wat ons besoek het was lieflik met 'n outentieke karakter, billike spyskaart en vriendelike diens."
"Carnarvon was eens 'n baie mooi dorpie, maar lyk nou baie vervalle. Tog is die mense daar baie vriendelik en ontvang jou met plesier."
"Ry stadiger, kyk langer, drink eenvoud in oormaat - jy kan nooit daarvan genoeg kry nie ..."
"Die damwal is besienswaardig en die uitkykpunte oor die damwal en rivier is asemrowend. Reëlings om die binnekant van die damwal te toer moet egter vroegtydig getref word. Die dorp is skoon, stil en die inwoners is baie vriendelik. Ek beveel aan om 'n kort begeleide toer van die historiese bakens in die dorp saam met Marianne te bespreek. Haar boek oor die geskiedenis van die damwal is 'n winskoop."
"Bietjie uit die pad uit vir toerisme, maar goeie oornag tussen Wes-Kaap en Namibië."