Geverifieerde Resensie
Kathu
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kathu bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 108 resensies.
"Vir ons wat van die see af kom en heeltyd groen en blou sien, is Kathu maar droog en stowwerig. Hier en daar 'n straatnaam wat mens nie sal verwag van so 'n groot plek nie. Verder is die malls lekker groot en gerieflik. NG-Kerk is ook 'n baie mooi gebou met die vriendelikste mense. Ons het ons verblyf daar baie geniet."
"Kathu is so clean. I have been to different parts of SA but I have never seen such a beautiful and clean town."
"Die dorp is interessant uitgelê met strate wat in sirkels en singels loop, met swak sigbare spoedbulte oral. Ry dus maar stadig."
"Kathu lê omtrent 6 km van die hoofroete af. Die winkelsentrum bied alles wat mens kan nodig kry. "
"Ek kan nie sê of Kathu 'n goeie toeristebestemming is nie, want ons was net vir die aand daar. Ek kan wel se dat die dorp baie skoon en netjies is as mens daardeur ry en dat dit rustig vertoon. "