Verified Reviews
Kouga Country
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kouga Country
Rated 4.5 out of 5 based on 220 reviews.
Marina Martinique, Kouga Country
Milkwood 218"Dis nie in Jeffreysbaai nie en jy moet deur 'n informele nedersetting soontoe ry."
"Dit was vir ons 'n pragtige vallei met gawe mense wat baie hulpvaardig was, veral hulle by die tolbos."
"Pragtige dorp. Ek was gelukkig om gedurende sitrusseisoen te kuier - dit is 'n ongelooflike mooi gesig om deur die pragtige Gamtoosvallei die dorp binne te ry en al die (duisende) sitrusvrugte (gereed om te pluk) te sien hang aan die bome. Tolbospadstal kan vergelyk word met die beste. "
"Loerie is 'n klein dorpie en vol vriendelike mense. Daar is 'n pragtige kerk en die Bravo koffiewinkel is 'n moet, want dit voel soos huis. Jy gaan om lekker te gesels met Alet en om haar voortreflike kos te geniet en "crafts". Moenie net beplan vir vinnige koffie nie. As jy wil haastig wees gaan terug stad toe. Wou graag by die Loerie dam gaan rondkyk het, maar tyd het ons gevang omdat ek so lekker kon slaap. Die area het groot potensiaal, weet die nartjiefees is daar in Oktober. 'n Goeie tyd om weer daar te gaan inloer."
"Baie pragtige bestemming maar die weer was nie so lekker nie. Ons kla nie want ons land het reën nodig."
Marina Martinique, Kouga Country
Marina Martinique B&B"Dit is goeie waarde vir geld en gaste word selfs per boot by die gastehuis gehaal om by die Marina Wharf te eet, en glo my die kos daar was so lekker dat ons 3 aande in 'n ry daar gaan eet het. Marina Martinique kry 12/10 vir hulle verblyf."
"The beaches are breath-takingly beautiful and the restaurant food offerings are creative and price efficient. Love this part of the world!"
"Humansdorp baie sentraal tov St Francis, Jeffreysbaai en Paradysstrand. Dit het dit BAIE koste effektief gemaak om die omgewing te sien en te verken."
"Akkomodasie is geskik vir 'n verskeidenheid soorte besoekers, sakereisigers, families asook toeriste. "
"Wonderlike plek, soveel so, dat ons 'n vakansiehuisie in Wavecrest gekoop het. En terwyl ons gesoek het na die huisie, het ons by Bay Cove Inn tuisgegaan! Wavecrest is stil en rustig met beeldskone see views en strande!"
"Patensie is 'n juweel wat ontdek móét word. Dit is nie 'n plek net vir deurry nie. Slaap oor, gesels met die inwoners, en besoek interessante plekke. Die sitrusboorde is 'n belewenis! Dit is ook 'n goeie wegspringplek as die Baviaanskloof besoek wil word, maar Patensie bied meer as dit ook! Die plaasstalletjies bied goeie etes en interessanthede."
"Was baie verbaas deur hierdie klein dorpie, dit is 'n paradys tussen die berge, alles groen en boorde op boorde! Rippel Hill Hotel se aandetes en atmosfeer 'n bonus!"
Marina Martinique, Kouga Country
Abundance"Dit is 'n pragtige vakansiebestemming. Dit is nie die oord se skuld nie, maar die wind wat 6 DAE AANMEKAAR gewaai het, maak jou mismoedig!"
"Mooi area met mooi see en lagoon. Nie 'n swemstrand nie en bietjie ver van middedorp en hoofstrand."
Marina Martinique, Kouga Country
Marina Martinique B&B"Baie lekker atmosfeer en baie aangename ervaring."