Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2012 resensies.
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"As jy nog nie Marlothpark besoek het nie, het jy nog nie gelewe nie. Beste bestemming in die wêreld."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Spoorsnyertjie"Ons gaan al baie jare Marlothpark toe, dit was baie lekker, dit was net baie besig, daar was ook baie busse op Olifants wat baie vinnig gery het en ek is bekommerd oor hoeveel wild raak gery word. Daar moet ook strenger boetes wees oor rommelstrooiing, aangesien daar baie rommel rondlê, Dit is regtig 'n lekker plek en wil dit graag so hou."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Good alternative to Kruger Park, to enjoy fauna and forest without using your vehicle as your own cage! Ideal for walking, running, biking and even driving for those who insist!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Zulwini Tree House"Die sekuriteit, of die gebrek daaraan was 'n bekommernis. As jy dalk by een van die groter Lodges oorbly dink ek jy is nie so bewus daarvan nie maar het nie regtig veilig gevoel nie. En dit het niks met die wild te doen nie. Daar is net geen beheer oor wie die park binnekom of verlaat nie. Die feit dat elke woning 'n alarm het en dat diefwering baie duidelik oral nodig is, skep nie 'n baie veilige gevoel of indruk nie. En dit is baie jammer."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Buffalo Chalets Marloth Park"Gaan vir seker weer soontoe."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"As 'n besoek aan die Kruger Nasionale Park, Mosambiek se suide, asook Swaziland op jou reisplan is, moet Marloth sekerlik die bes geleë basis wees om dit vanaf te doen."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Vuurvliegie en Sonbesie"Dit is defenitief 'n plek om te kan wegbreek van die stad sê lawaai en net rus en vrede te hê. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Mopani Manor"A must for anyone who needs a break from the every day hustle."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hippoholiday"Pragtige rustige omgewing. Uitstekende bestemming."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Meerkatgat 3341 Seekoei Road"Baie lekker vakansiebestemming as jy wil rus en die natuur geniet."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Lidvubu Lodge"Dit kan nogal besig raak veral teen wildtuin heining (Seekoei straat), amper te besig."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Serenity Bush Ballads"Die grondpaaie teen die rivier af kort definitief bietjie aandag. Iemand met 'n kleinerige voertuig gaan verseker sy voertuig seermaak as hy op die afdraai paadjies gaan ry."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Big Tuskers Bush Camp"Marloth Park is fantastic. It has the peacefulness and tranquillity one needs and has the feeling of being in the park."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Mopani Manor"Ek was verras dat die winkels so vroeg toemaak. Die vulstasie was gesluit toe ons 17:30 die Sondagmiddag daar opdaag."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Ons sien dit as 'n ideale plek op pad na die Kruger Wildtuin. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Serenity Du Bois Lodge"Wanneer jy wil ontspan en rustigheid wil beleef dan is hierdie die plek om te wees."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"Ons het lekker gerus, hoef glad nie te gery het nie. Kon heerlik op die stoep sit en die diere geniet."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Buffalo Chalets Marloth Park"Die personeel by die ingang hek het nie hulle werk gedoen met ons aankoms nie en eers 2 dae na die tyd agter gekom ons het nie 'n plakkertjie op die voertuig se ruit nie, moes toe eers inteken en hulle was baie ongeskik dink die personeel moet aangespreek word."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Korhaan Self-Catering Cottage"Dit is 'n goeie selfry wildbesigtigings-aantreklikheid. Dit raak nou net te veel mense en huise is te opmekaar. As mens in die aand buite sit om na die natuur te luister dan hoor jy orals mense gesels. Vir mense soos ons wat ruimte, stilte en natuur gewoond is, raak Marloth Park te besig."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Oppidraai"Pragtige plek. Ons was baie beïndruk met hul slaghuis. Die vleis was van puik gehalte. Sal die Park aanbeveel."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Vuurvliegie en Sonbesie"Die sekuriteit by die hek (krokodilrivier) was nie altyd op datum nie. Sommige dae moes jy inteken, ander dae nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Vir ons familie was dit die lekkerste vakansie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Spoorsnyertjie"Die paaie kort 'n skraap, want nie alle mense ry 4x4's nie. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Bos-Geluk Huis"Ek gaan gereeld soontoe, maar was erg geskok oor die toestande van die grondpaaie wat eens baie goed was. Ek het met my gewone motor soos altyd daarheen gegaan, maar het my motor lelik beskadig oor die swak toestande van die grondpaaie na uitkykpunte toe en langs die rivier af. Dit was regtig 'n groot afsitpunt. Lionsspruit se eie wildtuin se paaie nog erger. Geen kar kan daar ry behalwe 4x4 voertuie nie. Ek is nie gesê die paaie lyk so sleg en hulle laat jou ingaan net om vinnig om te draai en uit te kom. Dit is baie swak van Marloth Park. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Marloth Park Hippo House"Marloth Park was great. The River front on the Kruger Park was amazing. No need to go to Kruger every day as it was much nicer walking along the river seeing the animals than driving in the car all day."