Geverifieerde Resensie
L'Agulhas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in L'Agulhas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 41 resensies.
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."
"Lieflik still en 'n natuurskone toeristebestemming. Darem nie verlate nie en het gereelde toeristegroepe om die punt waar die twee oseane ontmoet te besigtig. Vriendelike mense en lekker seekos te vinde."
"Pragtige foto's geneem by die mees suidelike punt en die skeepswrak saam met die sonsondergang."
"Groot dankie vir Peter vir die moeite wat hy meer as bereid was om te doen, hy is verseker 'n aanwins vir L'Agulhas..."
"Daar is nie baie om te doen nie, buiten paar besienswaardighede, maar as jy wil "detox" is dit perfek."