Verified Reviews
Paarl
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paarl
Rated 4.7 out of 5 based on 483 reviews.
"Ons sou vir seker langer wou bly, aangesien daar heeltemal "te veel" plekke is om te besoek in die Paarl. "
"Die restaurant Giovanni's was lekker. Die pizza was seker die beste wat ek al ooit geëet het."
"Very hot. There are some wonderful hikes. Use the AllTrails App, it guides you to them all."
"Dit is 'n baie mooi dorp. Net jammer dat bedelaars so bietjie begin oorneem."
"Ons was ongelukkig daar oor 'n publieke vakansiedag en meeste van die instansies was toe."
"Ek is van Wellington en gelukkig ken ek Paarl. Jy sal nie 'n fout maak as jy in Paarl wil oornag nie. Dis een asemrowende natuurskoon Boland."
"Soveel interessante plekke om te besoek. Jy sal vir 'n baie lang tyd elke dag iets nuuts kan doen. Afr Taal Monument, Spice Route, Babylonstoren, Domeine Brahms Wineries, Fairview. Daar is baie wynplase. Meer as genoeg om te doen."
"Absoluut fantasties om te sien hoe dieselfde berge elke dag anders lyk. Ons Gautengers wat net teen mynhope vaskyk. Ons was daar vir 'n paar dae vir 'n troue, die dorp is vol winkels. Kon nie glo 'n dorp het nog kersliggies in die strate nie. Dit het so feestelik gevoel. Pragtige wêreld."
"Een van die mooiste omgewings om te verken in ons land. Moet weer terug gaan, want ons tyd was te min."
"Bitter warm, so lugreëling in kamer was van onskatbare waarde. Ons besoek was alleenlik vir persoonlike vereistes."