Verified Reviews
Patensie
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Patensie
Rated 4.3 out of 5 based on 51 reviews.
"Vir natuurliefhebbers en diegene met 'n belangstelling in die ryk geskiedenis van die omgewing is Patensie 'n paradys."
"If you wanting mountain views and farm experience, then Patensie is great."
"Patensie is 'n pragtige dorp. Ongelukkig word al die mooi ontsier deur die infrastrtuktuur van die dorp wat lelik vernalatig word."
"Pragtige dorp omring deur sitrusboorde. Perfekte stop voor jy Baviaanskloof of Grootrivierpoort aanpak."
"Daar moet besef word dat 'n besoek aan die area werklik beperkte geriewe het en bied en met die regte gesindheid en ingesteldheid beleef 'n mens rustigheid, weg van die stad se onpersoonlikheid en gejaag."
"Kleindorpie sjarme, inskiklik vir die toeris. Die poort na die Baviaanskloof."
"Oneindige moontlikhede! Sal graag langer wil vertoef en ook weer die Baviaanskloof wil aandurf."
"Patensie is 'n onontdekte juweel. Hoewel dit 'n klein dorpie is, is die plase netjies en pragtig versorg. Die hotel het die grootste verskeidenheid etes en is gewis 'n moet vir 'n heerlike maaltyd. Die padstal Tolbos beskik oor die keurigste geskenke, lekkernye en gebak. Boonop is hulle ontbyt aan te bevele! Patensie sien ons vir seker weer. "
"Redelike interessanthede, besienswaardighede en padstalletjies om te besoek."