Geverifieerde Resensie
Potchefstroom Central
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom Central bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 53 resensies.
"Ek sou graag inligting oor die besienswaardighede en geskiedenis van die dorpie wou kry, maar het nie geweet waar om te gaan soek nie. En daar is so baie plekke wat interessant gelyk het, van die grafte tot die ou Snowflake Meule en Rotary Clubhouse!"
"Ek bly in sentraal Potchefstroom t.w.v. besigheid. Ek sien dit nie regtig as 'n toeristebestemming nie."
"EK was daar vir 'n week kursus, so het min tyd gehad vir ander besienswaardighede."
"Jy beleef die beste van 'n studente-omgewing daar, maar dit is nie oorweldigend nie."
"Die dorp wat nou blykbaar 'n stad is, is mooi en alles is gerieflik naby."
"Buiten die nuwe inkopiesentrum en die universiteit, is die plek besig om vervalle te raak. Die honderde groot gate in die paaie in die dorp wys dat niemand omgee nie, dis 'n skande! Die mense is egter baie vriendelik."
"Ideale area vir Aardklop, sporttoernooie of besoek aan die universiteit. "
"Ek het veilig gevoel en sou daar kon gaan draf as ek nie so laat teruggekeer het nie. "
"Ons besoek Potch. net met aardklop en is so tevrede met die ligging. Kan en gaan Adato aanbeveel."