Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Riemvasmaak Region

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Riemvasmaak Region

Rated 4.3 out of 5 based on 411 reviews.

Keimoes, Riemvasmaak Region

La Palma Lodge

"Baie mooi plattelandse dorpie met baie vriendelike en hulpvaardige inwoners."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Tkabies Self Catering

"Beslis meer te sien, te doen en te ervaar as wat mens verwag!"

Kakamas, Riemvasmaak Region

Meerkat Compound

"Netjiese, vriendelike dorp."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Ou Skool Guest House

"Ek dink nie die dorp is werklik 'n vakansiebestemming nie, maar voorwaar 'n perfekte dorp om te oornag en route na die Weskus, of blommetoere, ens. Baie mooi wingerde en die Oranjerivier kronkel stadig deur die dorp. Interessant om dit te kan ervaar. Naby die Augrabiese watervalle."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Kalahari Water Holiday Farm

"Keimoes is 'n wonderlike plek met wonderlike mense. Ons beplan ons vakansie weer in die toekoms in daardie rigting. Sal Tkabies en Keimoes aan enige persoon aanbeveel. Tkabies se diens/waarde is besonders vir enige reisiger en toeris. "

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Die nabyheid van die Augrabiesvalle maak dit die moeite werd. Ons het nie baie van die dorp beleef in die tydjie wat ons daar was nie, maar dit is die moeite werd om daar te stop."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Meerkat Compound

"Ons is verlief op daai deel van die Noord-Kaap."

Keimoes, Riemvasmaak Region

The Overlook

"Keimoes se mense maak dit besonders. Augrabies en Kakamas met sy ruimtes is een van God se mooiste skeppings!"

Keimoes, Riemvasmaak Region

Tkabies Self Catering

"Baie warm, maar het die vriendelikste mense."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Tkabies Self Catering

"Heerlik by Keimoes gekuier, jammer sou langer wou bly."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Nie veel te doen op Kakemas nie, maar die Augrabies waterval was wonderlik."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Het slegs tyd gehad vir oornag."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Kaniklani Guest Apartments

"Die dorpie het baie ontwikkel en dis altyd lekker vir toeriste."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Sal Kakamas weer besoek, het nie al die benoemingswaardighede besoek nie. Die Pienk Padstal was ons vashaakplek. Lekker geëet en gekuier by baie vriendelike eienaar!"

Keimoes, Riemvasmaak Region

Kokerboom Lodge

"Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word."

Kakamas, Riemvasmaak Region

New Beginnings Guesthouse and Self-catering

"Dis hartsmense en ons familie-bande daar staan sterk. Bitter lief vir die plek en sy bekoring en dis 'n tuiskoms soos min, elke keer wat ons daar is."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Elim Gastehuis

"Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Besoek gerus die Oranje Rivier Kelders."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Pragtige dorpie, maar te klein en warm vir kuier."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Aloe View Guest House

"Pragtige skoon dorpie met pragtige omgewing wat beslis 'n besoek werd is. Naby die roete na Augrabies en Kgalagadi Nasionale Park."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Tkabies Self Catering

"Infrastruktuur in dorp is 'n gemors. 'n Artikel in 'n tydskrif het dit na klein oase laat klink. Kon feitlik geen besienswaardighede vind nie."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Ou Skool Guest House

"Wonderlik om die rustigheid en skoon dorp te kon waardeer."

Keimoes, Riemvasmaak Region

Tkabies Self Catering

"Vriendelike mense en heerlike droë vrugte!"

Keimoes, Riemvasmaak Region

Kokerboom Lodge

"Meer eetplekke sal aangenaam wees."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Daar is nie veel te doen in Kakamas nie behalwe die Pienk Padstal en die Oranjerivier brug. In Keimoes is ook nog die ander bekende droë vrugte padstal en verder is daar ook nie veel anders te sien nie. Kakamas is 'n lekker stilhouplek op pad na of vanaf Augrabies."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Palmhof Chalets

"Ek sal enige tyd terug trek. Vriendelik en gasvry."

Kakamas, Riemvasmaak Region

Meerkat Compound

"Meerkat Compound was the only establishment I stayed in that had a 'Newspaper' for Tourists describing various routes and activities in the are and beyond similar to Midlands meander. Well done, I will be back to see some of the things described in this Tourism Guide."

Page
Page 10 - Showing 271 to 300
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote