Verified Reviews
St Lucia
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in St Lucia
Rated 4.5 out of 5 based on 342 reviews.
"St. Lucia het baie agteruit gegaan. Kan sien Covid het groot slae toegedien. Indien jy wil gaan ontspan, gaan gerus. Sal wel voorstel dat mense deur gaan na Cape Vidal toe. Neem jou tyd en gaan ry al die "Loops", daar is baie diere en natuurskoon om te bewonder. Dis die beste om bosveld en see op een bestemming te hê."
"St. Lucia is baie nice, maar plekke maak vroeg toe buite seisoen so mens moet alles klaar kry vroeg. "
"Gesellige plekkie met uitstekende eetplekke. Lekker stil buiteseisoen. Cape Vidal is egter duidelik besig om agteruit te gaan - sedert ons 'n jaar gelede daar was is die verval duidelik: vuil en verstopte toilette en grondpaaie is in swak toestand. Jammer dat hierdie juweel ook nou deur die regering vernietig word."
"Bootvaart op die meer, uitstappies na die Oos en Wesoewers van die meer en Cape Vidal (om te snorkel) word aanbeveel!"
"Nie so maklik om strand toe te stap nie, of ons het nie die regte paadjie ontdek nie. Natuur en omgewing pragtig."
"Great place if you want peace and quiet, like long walks on the beach, fishing and going to the various game reserves like Isimangaliso Wetland Park and Hluhluwe–iMfolozi Park."
"Somewhat noisy later on Saturday night, 13 Nov, with a celebration at a resort nearby, but not to extremes."
"Mooi deel van land. Baie natuurreservate en mooi strande. Nie regtig 'n plek vir klein kinders nie. Ook nie goeie swemstrande nie. Goeie plekke om te besoek: Canerat crafts, Cane Cutters voëlpark, krokodilplaas, Chane cheese farm, Cape Vidal en Mission Rocks."
"St Lucia was skoon en netjies en het gely onder Covid-19 en beurtkrag. Die reservaat naby Cape Vidal was amper toegegroei en was daar te min diere om te sien terwyl daar oorvloed aan kos is. Die toegangspad na St Lucia vanaf die N2 begin nou rommelig te word met allerlei herstellings langs die pad wat die pad enorm ontsier wat ernstig nadelig kan word vir St Lucia."
"So much to do, great tours, great beach. Isimangaliso Wetland Park is a hidden gem. Recommend you buy a KZN parks map book."
"Baie lekker, veilige vakansieplek. En Cape Vidal is 'n moet as jy in St Lucia is."
"Raserig. Plek (dorp) is vervalle en dit gee nie goeie indruk nie. Was beïndruk met hoe skoon dit is."
"Ek kan sien Covid het hierdie mooi plek baie seergemaak. Hoop dinge kom gou weer reg. "
"Isimangaliso park aan westekant van meer was 'n teleurstelling a.g.v. min diere wat ons gesien het. Park beperk jou met 'n vasgestelde roete wat jy slegs kan ry wat 'n groot deel van die park uitsluit wat jy glad nie kan of mag ry nie. Het darem 'n trop buffels gesien wat 'n hoogtepunt was. A.g.v. die teleurstelling het ons besluit om nie eens die oostelike deel te doen nie. Bootklub en Barraca restaurante se kos was kwaliteit en aan te beveel."
"St. Lucia is a great holiday place, very tranquil, peaceful and restful. We've been on the boat ride, toured the nature reserve and had a good time at the beach, also caught some fish. This has been a good break from our usual day to day activities. We were very enclosed with covid-19 lockdown. This holiday did refresh and energize us."
"Baie wild en seekoeie in die strate in die aand. Baie vir kinders om te doen en die strande is mooi skoon en veilig."