Verified Reviews
Sunday's River Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sunday's River Valley
Rated 4.4 out of 5 based on 341 reviews.
Cannonville, Sunday's River Valley
Emerald Cottage"We only had an overnight stay, but being on the N2 close to PE and Grahamstown makes it a lovely place to stay with easy access to Addo and we enjoyed the zipline at Addo Adrenalin as well."
Addo Elephant Park, Sunday's River Valley
Addo African Home, Restaurant and Safari"Heerlike ontspanning."
Boknesstrand, Sunday's River Valley
Nautilus || Cottage"Boknesstrand is voorwaar 'n versteekte diamand. Skoon en rustig. Dit is ongetwyveld die perfekte wegbreek vir die stad-voos vakansieganger."
Addo Elephant Park, Sunday's River Valley
River Front Estate"Dit was 'n eerste besoek en die moeite werd."
Addo Elephant Park, Sunday's River Valley
Addo African Home, Restaurant and Safari"Baie mooi. Beslis die moeite werd om te besoek."
Addo Elephant Park, Sunday's River Valley
Addo African Home, Restaurant and Safari"Mooi park. Baie diere gesien. "
Bluewater Bay, Sunday's River Valley
Coega Lodge"Top area especially if near the river mouth end. "
Bluewater Bay, Sunday's River Valley
Bluewater Guest House"Naby die groot plekke, maar ek het lekker daar gekuier."
Greater Addo, Sunday's River Valley
Avoca River Cabins"Die Olifantpark maak die area en dit moet besoek word."
Kirkwood, Sunday's River Valley
Kronenhoff"Kirkwood self was op die oggend van 24ste Desember bitter vuil met papier en vullis wat oral langs die strate gelê het. Die "dorpsvaders" kan maar gerus die saak oplos! Daar is heelwat winkels en banke wat 'n mens sou wou sien. Die petroljoggies by die Engen-vulstasie was verskriklik vriendelik en baie akkuraat. Die Spar is egter heelwat duurder as waaraan ons gewoond is by ander Spar-takke. "
Bluewater Bay, Sunday's River Valley
84 on Himeville"Bluewater Bay is 'n rustige area omtrent 15 kilometer vanaf sentraal PE. Dit het ons goed gepas aangesien PE baie besig kan raak in die vakansietyd en ons in die aande uit die gewoel na 'n rustige, stil area kon terugkeer. Die strand is naby die woning geleë en het lewensredders en ablusies. "
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."
Cannonville, Sunday's River Valley
Emerald Cottage"Situated on the banks of the Sondagsrivier, close to a popular pub for lunches and with a shopping centre in close proximity."
Kirkwood, Sunday's River Valley
Broadlands Country House"Dit is 'n baie mooi dorp, met baie aktiwiteite!"
Bluewater Bay, Sunday's River Valley
Waters Edge"Bluewater Bay is uitstekend geleë, maklik om in die stad en op die omliggende strande uit te kom. Daar is alles - 'n groot Spar en inkopiesentrum met alles wat ons nodig gehad het en gemaklik om by uit te kom. Dis ideaal vir mense wat graag draf, fietsry of kano ry. Daar is beskerming vir die natuur ook en ons het daagliks 'n besoek van 'n rob gehad. Bluewater Bay, julle rock!"
Greater Addo, Sunday's River Valley
Happy Lands Farmstay"Het nie tyd gehad om te verken nie, sal wel weer teruggaan daarheen."
Greater Addo, Sunday's River Valley
Avoca River Cabins"Fantasties, dit is die beste vakansie ook wat ek gehad het."
Bluewater Bay, Sunday's River Valley
Bluewater Reservations"Pragtige area en die strande baie mooi. Die kinders was baie opgewonde oor die pragtige skulpe!"
Bluewater Bay, Sunday's River Valley
Bluewater Reservations"Dit is 'n lieflike omgewing! Dis rustig met heelwat strande in die onmiddellike omgewing. Die klein winkelsentrum bied meer as genoeg vir wat mens benodig, met wegneemetes ook beskikbaar. Ongelukkig is daar geen restaurante in die omgewing nie. Ver genoeg uit die stad, maar baie naby daaraan. Verkeer is baie rustig, selfs vroegoggend. Indien mens van jou eie geselskap hou, is Bluewater Bay die antwoord."
Colchester, Sunday's River Valley
Sundays Mouth Guesthouse"Naby PE, teenaan die Addo park. Ons het net te min tyd gehad om alles te doen, sou graag die duine wou aandurf."
Cannonville, Sunday's River Valley
Emerald Cottage"Baie behulpsame en vriendelike "pub" eienaar! Rustig en mooi."