Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 447 reviews.
"Interesante dorpie met dinge wat mens herinner aan jou kinderdae. Wat egter bekommerenswaardig is die feit dat daar net een teerpad in daardie rigting, wat ek as 'n nasionale sleutelpunt of ten minste 'n punt van internasionale belang vir Suid-Afrika beskou, is. "
"Die dorp is teleurstellend, ons het meer verwag van 'n internasionale bestemming."
"A visit to Sutherland would not be complete without a visit to Salt and Sterland to view the stars."
"Beslis 'n moet. Om die SALT-Projek te kon besoek, was verrykend en trots om dit in Suid-Afrika te kan beleef. Die Karoo is besonders en ons het verlief geraak."
"Dit is 'n belewenis wat elke reisiger in Suid Afrika ten minste een maal behoort te ervaar! Jurg Wepener by Sterland gaan uit sy pad om elke besoeker met hope kennis en entoesiasme te vul. Dit is aan te bevele om in die winter tydens donkermaan te gaan sterre kyk. En onthou om saam met jou verblyf ook jou tafel in 'n restaurant te bespreek - veral by die Ou Meule. Dit is skaars en in groot aanvraag elke aand."
"Baie interessante dorp, uniek! Sterrekyk by Jurg van Sterland Stargazing was ongelooflik goed."
"Ons was baie teleurgesteld met die uitstappie na Sterland, waar 'n mens saans na die sterre deur 'n teleskoop kan kyk. Dit was baie duur en glad nie insiggewend nie."
"For stargazing this is the most amazing place to be. We thoroughly enjoyed a seeing and learning all about the night sky. "
"Straatname sal waardeer word. Om die sterre te kyk moet die 2 toere doen. Een in die dag om die SALT se besoek en een in die nag vir die sterre. Maak seker jy maak jou voertuig se tenk vol brandstof voor jy die volgende oggend dou voor dag uit Sutherland vertrek. Petrolstasie toe deur nag. "
"Die sterrekyk ervaring was goed. Kan egter dit aanvul met 'n video vertoning vooraf. Dit was 'n aangename verassing on die Louw Huis te besoek. Hierdie stukkie geskiedenis moet meer bemark word. "
"Sutherland is a typical small karoo town. We enjoyed our stay and found the locals to be so kind, chatty and helpful, especially Magda at Magda's Winkel who regaled us with stories of the products on her shelves. We had breakfast on Saturday at Jupiter, and were served by a lovely young lady who was so sweet and kind. The portions were really enormous and the food was so so good! We would really really recommend them, all round great hospitality and really good food! We also went stargazing at the SAAO which was amazing! We weren't properly prepared for the cold, though our own fault. All in all, whilst Sutherland doesn't have much to offer, you can make a good weekend for yourself, and enjoy it if you really want to!"
"Pragtige, historiese geboue (Louwhuis, NG Kerk), waarvan vele gerestoureer is."
"Pragtige klein dorpie. Ons was verbaas oor hoe skoon dit was. Ons sal definitief weer gaan."
"Prys van vleis in die skaap-wêreld is belaglik. Koop in jou eie dorp."
"Ek dink daar kan meer gedoen word om hul sterre kyk uit te brei, ons het op 'n Donderdag oorgeslaap en toe was daar geen persoon of die SAAO oop om dit aan te bied nie. Gelukkig het ons reggekom by iemand wat ons gevat het op sy plaas en 'n wonderlike uur en 'n half gehad het met sy kennis en teleskoop."
"Ek sal volgende keer meer tyd in Sutherland spandeer en nie slegs as oorslaapbestemming gebruik nie. "
"Almal gaan na Sutherland om sterre te gaan kyk. Dit is iets besonders om te sien. Nie te ver van Matjiesfontein om vir die dag deur te ry en daar te gaan kuier. Moet bereid wees om bietjie grond pad te ry afhangende van waarvandaan jy in die dorpie in kom. Dorpie is ook ook ryk aan geskiedenis wat nie misgeloop kan word nie."
"Vriendelike mense. Die Blue Moon is beslis 'n plek om by te eet, enige tyd. Te lekker."