Verified Reviews
Transkei
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Transkei
Rated 4.2 out of 5 based on 210 reviews.
"Die omgewing is absoluut asemrowend. Wees net bedag daarop dat alle besighede nie elke dag oop is nie; die slagter byvoorbeeld is nie Maandae en Dinsdae oop nie, maar ons het die lekkerste hamburgerpatties daar gekry."
"Nie veel om te doen as jy van visvang en rondstap hou nie.. Port st Johns is vuil."
"Hole in the Wall is puik en so mooi. Die plaaslike inwoners is lastig en smeer heeltyd hul diens en kreef aan jou af. Sukkel om hulle te ontduik en is hulle redelik opdringerig."
Gxarha (Morgan's Bay), Transkei
Lagoon View"It is very nice to stay there, everything is around except for shopping purposes."
Gxarha (Morgan's Bay), Transkei
Lagoon View"This was out of season and ideal for a quiet and restful holiday. The shell collecting is excellent and the beaches beautiful. The restaurants were modest and the food generally OK. But I guess out of season its difficult for them to cater. In many cases we were the only ones there."
"Keimond op sigself bied ‘n rustige kuiertjie in ‘n afgeleë omgewing sonder om afgesonderd te voel. Pragtige strand en riviermond wat met ‘n ferrie oorgesteek kan word. ‘n Besoek aan Morgan Bay Hotel komplimenteer die mooi natuur en omgewing. "
"Country Klub met 'n lieflike golfbaan, twee riviermonde wat uitmond in die see, met 'n lieflike strandjie tussenin, en rotse waar branders eindeloos teen breek om jou gemoed te stil. Klein markies in die Yellow Forrest Camp, en as jy gelukkig is en op regte tyd by Keimond besoek aflê 'n kerkbasaar met heerlike tuisgebak! Definitief nie 'n moderne kusdorpie nie, maar 'n plekkie wat jou alles bied wat jy nodig het om gemaklik te wees!"
"Geboue lyk pragtig van ver af, maar ver van pragtig van naby af. Natuurskoon egter, is pragtig verby, asook die see-uitsigte asemrowend."
"Bitter klein dorpie, maar bied alles wat mens nodig het. Ek het nie meer verwag nie. Die rit oor die rivier met die pont was 'n aangename verrassing."
Gxarha (Morgan's Bay), Transkei
Lagoon View"Morgan bay is a lovely holiday destination, only problem is that there is only 1 shop. Could be more places to shop."
"Die slaghuis kan verbeter en meer aktiwiteite sal waardeer word."