Verified Reviews
Tulbagh
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tulbagh
Rated 4.5 out of 5 based on 396 reviews.
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "
"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."
"Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie."
"Eerste keer dat ons Tulbagh besoek het. Aangenaam verras met die vriendelike mense, pragtige besienswaardighede en geskiedenis van die dorp."
"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."
"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."
"Not much to do around here, except eat and see some art/antiques. It's a lovely, friendly town though."
"Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek."
"Sentraal geleë vir besoeke aan wynlande, olyflande en Ceres-vallei."
"Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou."
"Ek stel voor al die plekke kry lugreëling aangesien Tulbagh BAIE warm kan word. "
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"