Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2339 reviews.
"Doen moeite om die pragtige huise en geboue uit die verlede te besigtig. 'n Ete by die KaRoux Restaurant is 'n moet!"
"Baie mooi skoon en stil omgewing. Miskien sal meer inligting oor die dorp en omgewing bydrae om dit meer aantreklik vir dag-toeriste te maak. Die Britstown-Vosburg-Carnarvon-Williston-Calvinia roete bied 'n goeie alternatiewe roete tussen Gauteng en die Wes-Kaap, met Vosburg goed geleë vir oornag."
"Lovely little town. I loved the museum, very well curated and kept in good condition, with lots of information available - and bookstores a real treasure trove of books! "
"‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem."
"Pragtige, skoon dorpie met die beste, oudste, werkende teater! Eet gerus by die hotel. "
"Ek beveel dit aan indien 'n mens lief is vir visvang en langs die water te sit of net wil wegbreek om te rus."
"Onthou alles is toe oor 'n naweek, maar dis heerlik om rond te loop en met die vriendelike inwoners te praat! "
"Heerlik om verras te word met die verskeie eetplekkies wat daar te vinde is. Ware rus vir die siel en vir die moeë reisiger. Slaap beslis vir ten minste twee aande in die omgewing."
"Daar is nie baie te doen in die dorp nie. Op pad na Strydenburg is daar ‘n wonderlike padstal Kambro. Dit is ‘n moet!! Heerlike koffie, tuisgemaakte pasteie, melktert en baie meer!!! "
"Dit is 'n klein dorpie maar oral is ons baie vriendelik en met belangstelling deur die inwoners ontvang."
"Oulike plekkie met vriendelike mense. Gasvry. Ons het Saterdag oggend die 7de lieflike ontbyt geniet by 'n eetplek in hoofstraat. Dankie vir dit. "
"Ek sou graag bietjie langer wou bly op die plaas om die rustigheid volkome te geniet. Volgende keer."
"When reading about Nieu-Bethesda the Owl House comes up as being the prime attraction. However the other attractions such as the Fossil Museum, the brewery and bookshop are much more interesting. The food at The Ibis Lounge is great and deserves to be mentioned in a write-up about the town. As a birder I found birding in and around Nieu-Bethesda was also very good. When travelling on the Owl Route from Graaff-Reinet I saw a number of interesting birds."