Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6854 reviews.
"Dit is bietjie te ver uit Kaapstad uit vir een aand. Ons wou nog baie meer gesien het, maar die tyd was bietjie beperk. Veral met die inperking wat steeds in plek was tydens ons besoek."
"Vir 'n lekker ondervinding en goeie, vars vis kan mens gerus by Muisbosskerm inval."
"Die dorp Klawer is lekker klein. Die mense daar het goeie menslike gesindhede. Die omliggende wynplase verskaf 'n baie mooi uitsig oor die dorp en sy geskiedenis. Ek sal definitief weer binnekort 'n draai daar maak."
"Yzerfontein bly die beste, rustigste en mooiste deel van die Weskus. Baie plek vir net jouself tot rus laat verkeer, en moedernatuur waardeer wat min mense deesdae tyd voor kry. Asemrowend. "
"A hot Karoo town with dusty streets and none of the city comforts might not be everybody’s cup of tea but it gave my children freedom and safety they would never have in the cities. Old school. "
"Strandfontein het een restaurant en winkeltjie met beperkte items. Met goeie kookgeriewe kan mens eerder self kos saamneem. Karavaanpark baie netjies."
"Paternoster is 'n juweel. Ongerep en opvallend skoon. Die restaurante is egter ongelooflik duur."
"Was jammer en vreemd om al die strande leeg te sien gedurende grendel-tydperk vlak 3."
"Ongelukkig is daar soos in baie ander vakansiedorpe swak elemente wat jou verblyf kan benadeel, asook Covid."
"Mooiste uitsig oor die dorp vanaf Atlantic Drive, genoeg restaurante en padstalle om te verken, Darling is naby genoeg vir ’n lekker daguitstappie met baie om te verken, maar die ontspanne en rustige atmosfeer en vriendelike mense is die ware prys."