Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6672 reviews.
"Die dorp self het nie iets besonders nie, maar dit is baie sentraal vir besoeke aan al die besienswaardighede van die Weskus Skiereiland. Goeie bemarking is nodig!"
"Pragtige, goedversorgde dorp met interessante winkels, heelwat doen- en siendinge vir oud en jonk, naby genoeg aan Kaapstad vir 'n vinnige wegbreek. So 'n lekker "vibe" met die vriendelikste mense ooit!"
"Dit was 'n teleurstelling dat die museum nie meer bestaan nie. Daar is die oulikste geskenkwinkel met deli wat 'n moet is om te besoek. Die mense is so gasvry en wafels is heerlik."
"Rustig met genoeg goeie eetplekke as jy nie self wil kosmaak nie. Goeie basis om van daar uit te ry na ander Weskus-dorpies."
"Baie netjiese en skoon dorp. Pluimpie vir die plaaslike munisipaliteit vir die netheid van die dorp."
"Nie baie om te doen nie, veral vir kleintjies, maar baie rustige plek waar mens behoorlik kan rus vir jou siel kry!"
"Dorpie klein en het daarom min winkels, maar ons het glad nie gesukkel nie, en kon als kry wat ons nodig gehad het. Pryse bietjie meer as waaraan gewoond is, maar steeds regverdig. Daar is groter sentra in die naby-genoeg omgewing waarheen mens kan ry indien mens nou regtig iets anders sou benodig."
"Especially in the flower season it is close to the West Coast National Park which is a must see. We didn't have enough time to fully explore everything Paternoster has to offer, but next time we will explore further."
"Die strate in die dorp is vol gate en eetplekke is beperk. Die restaurant by die Namaqua Kelder bied 'n goeie spyskaart aan, maar is buite die dorp geleë."
"Was beïndruk met die Klawer Kelder. Het beter wyne gekry as wat ek verwag het. Lekker geëet in Hotel se Restaurant."