Verified Reviews
West Rand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Rand
Rated 4.3 out of 5 based on 220 reviews.
"Daar is heelwat besienswaardighede en geskiedkundige plekke om te besoek. Beslis die moeite werd."
"Ons verblyf was baie naby aan Johannesburg Skydiving Club en dit was 'n groot plus! Die nuwe mall maak 20:00 toe en het geen eetplekke vir aandete nie, maar die Spur in die dorp was oop en het goeie diens gegee. "
"Mooi gedeelte van Johannesburg. Naby Muldersdrif en Botaniese Tuine."
"As 'n hotel voel ek dat hul restaurantgeriewe kan verbeter om middagetes en aandetes te gee en die kroeg oop te hou. Mense wil wegkom van die gejaag en kwaliteittyd spandeer en wil nie heeltyd op die pad wees om by ander plekke te gaan eet of iets drink nie. Die pryse is heeltemal te hoog vir wat jy kry. "
"Baie mooi area en ideaal vir buitemuurse aktiwiteite soos staptoere, fiets and ander bos-aktiwiteite."
"Silverfields is 'n lekker gebied om in te bly as jy op vakanasie is. Dis naby 'n avontuurpark met vryval, voetslaan, ensovoorts."
"Magaliesburg en sy omgewing het definitief nog baie besienswaardighede, ons sal graag weer wil terugkeer en verder kuier."
"Best days ever. It's beautiful, clean and safe... I will certainly be going back for the holidays. "
"Van die plekkies waar jy ontbyt kan eet (en wat aandui dat hulle ontbyt bedien) het nie eers lemoensap op hulle spyskaart nie. Inteendeel, die een plek het net 2 soorte gaskoeldranke gehad. Ons is toe maar Loversrock toe en het daar iets gaan eet. "
"Daar is baie dinge om in die Wes-Rand te doen en te sien, maar 'n mens het nie gedink aan al die aktiwiteite in die omgewing nie. 'n Beter webblad wat 'n mens meer daaroor kan inlig sal 'n groot aanwins wees."