Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Off the beaten track, Nature's Valley is a quiet, beautiful area. The Groot River forms a lovely lagoon, where canoeing, swimming, fishing, and bird watching are some of the things one can do. The beach is lovely to walk on even at high tide with well-demarcated areas where dogs are allowed. We encountered fishermen hoping to catch a fish or two on the beach as well."
"Jacobsbaai is so kalm en rustig. Jy is super veilig en kan vir ure gaan stap teen die see. Sal dit definitief aanbeveel vir 'n romantiese wegbreek."
"Dorpie met mooi karakter en baie te doen in die ongewing. Lekker restaurante en vriendelike mense."
"Tydens die afseioen is daar nie juis veel te doen nie en die strande is baie beperk en lyk baie gevaarlik om alleen te besoek."
"Kleinmond is werklik 'n pragtige dorp met die mooiste strand. Ons sal dit beslis aanbeveel as 'n vakansiebestemming. Baie netjiese dorp en strande."
"Ons gaan weer in April 2023 in Greyton kuier. Ons beplanning gaan beter wees sodat ons maksimum benutting van/waardering vir die natuurskoon kan hê."
"Oudtshoorn is baie toeriste-vriendelik. Die hoofrede vir die verblyf in Oudsthoorn was om aan die Oudtshoorn (half) marathon deel te neem. Dit was baie goed georganiseerd - die roete was sonder slaggate en die beton sypad waarop 'n gedeelte van die padloop plaasgevind het, was gevee. Baie aangename herinneringe aan 'n mooi dorp met vriendelike mense."
"You will need to drive through Paarl central to get to the main road where all the restaurants are. We also enjoyed exploring the surrounding area."
"Pragtige natuurskoon met baie restaurante om van te kies. Ons het heerlik geëet by die Roadside Cafe."
"In Clanwilliam was die mense so vriendelik en behulpsaam, wat eintlik gemaak het dat ons met 'n verwagting na ons blyplek gegaan het, net om sooooo teleurgesteld te wees!"
"Was eintlik te kort daar om werklik te oordeel. Ons het wel tyd gehad om langs die kuspaadjie te stap en die asemrowende skoonheid van die see te geniet."
"Skoon dorpie, 'n paar strate met slaggate, verder was ek baie verras oor die dorpie. Restaurant was puik."