Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"Oulike restaurante en gebeurtenisse. Daar is baie om in die omgewing te verken."
"Dit hang af hoekom jy in Kaapstad is. As wynplase toer deel van die plan is, is Durbanville baie goed geleë. Ook lekker naby aan die hoofweg vir Kaapstad self. "
"Ek het 2 restaurante besoek wat goeie resensies gekry het maar was steeds nie beïndruk nie. Kos was gemiddeld maar diens was wel goed."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Bonne Esperance Guest House"Uitstekend. Naby om te stap. Mooie Eikestad."
"Besoek die dorpie gerus en geniet die gasvryheid van die platteland. Oulike winkels en restaurante. Geleë naby al die dorpe in die omgewing soos Porterviile, Tulbagh, Piketberg ens."
"Oudtshoorn is 'n plek waar ons nog tyd sal wil spandeer, daar is nog baie om te sien."
"Ek ken Hermanus en dit is altyd een van die beste plekke om te kuier en te besoek."
"Kommetjie is 'n wonderlike toeriste bestemming vir enige toeris wat die wonders van die natuur wil beleef. Die mense is baie vriendelik. Water is baie koud en meer bedoel vir mense wat wil surf."
"Baie lekker sentraal naby die see en Blouberg. Nie te ver van Canal Walk Sentrum nie, vir die mense wat eerder wil geld spandeer as vakansie hou."
"Yzerfontein is 'n baie klein dorpie met die mooiste natuurskoon en rustigheid. 'n Definitiewe aanbeveeling as jy wil rus en wegbreek van die stadslewe."