Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Baie mooi en rustig in Franschhoek. Lekker baie restaurante om van te kies!"
"Knysna se landskap is die mooiste deel van die Garden Route en Brenton on Sea is vir seker 'n dorpie waar jy kan ontspan."
"Met strande en pretparke wat gesluit is tydens die inperking, moet ouers meer vindingryk raak met kinders besig hou. Mosselbaai het gelukkig meer as net strand."
"Always great to be in Cape Town but being at the beach during lockdown and not being able to access it leaves a bit of a bitter taste, also couldn’t sip on cocktails or celebrate with champagne for the festivities so we will have to do it again when restrictions are lifted to get the full fun filled experience."
"Wow! Verrassende tuiste en dorpie. Geskiedenis ryk, soos onder andere Kanonkop se kanon. Droë vrugte! Ou geboue en oudhede."
"Ryk aan geskiedenis. Hotel se etes is heerlik en 'n goeie keuse asook 'n móét. Goed geleë tussen nabye strande. 'n Aangename verrassing!"
"Daar is lekker eetplekke, vroulief lief die shopping en daar is interessante baaiplekkies om Gansbaai."
"Ongelukkig het ons net 1 aand oorgeslaap en omdat omdat die hele land op vlak 3 was kon ons nie die restaurante en omgewing lekker besigtig of besoek nie. Barrydale is 'n pragtige stil plattelandse dorpie. Ons het veilig gevoel. Sal definitief weer Barrydale wil besoek in die toekoms."
"Lieflike Karoodorpie. Vriendelike mense en mooi en interessante toerisme-aantreklikhede. Het ook baie lekker by Jamima's Restaurant geëet."
"Cape Town offers so much. There is so much to do without having to spend lots of money for example, so many hiking trails. Driving around the mountains and the small clothing stores are great for shopping. We were unfortunately not allowed on the beaches because of the December lockdown but we still had a great time. Cape Town will definitely see us more often."
"Prins Albert is 'n oulike dorp wat ek definitief weer wil besoek. Daar is heelwat te doen in die dorp self en in die omgewing. In die somer is daar saans altyd 'n lekker wind wat dinge afkoel."
"Mens kan maande in die Stellenbosch-area deurbring met alles wat te siene en te belewe aangebied word. Selfs al gaan mens jaar na jaar terug daarheen."
"Groot dorp met alles wat jy sal nodig het op jou drumpel. Pragtige, skoon dorp met aangename mense."
"Witsand bly 'n juweel en baie spesiale plek om te besoek. Ons besoek Witsand minstens 2 of 3 keer per jaar."
"Kaapstad is 'n plek waar jy nooit uitgekuier sal raak nie. Die dinge om te doen en te sien is oneindig, selfs al was die strande toe tydens ons besoek."
"Murraysburg bied baie vir nutuurliefhebbers en mense wat wil wegkom uit die stadsgedruis."
"'n Wonderlike vakansie met goeie herinneringe. Baie dankie vir die moeite."