Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Dis my grootworddorp en mens kan nie anders as om te rus en rustig te wees wanneer jy die Weskus besoek nie."
"Pragtige natuurskoon. So oulik om patryse en muishonde tussen huise te sien. Pragtige strande."
"Pragtige dorp met baie om te doen vir mense met verskillende belangstellings. Die berge bied uitstekende hiking en mountain bike roetes."
"We found the locals to be friendly. We especially enjoyed your treasure shops. Secondhand shops. Not omitting the fantastic scenery and beaches."
"Die geskiedkundige dorp het my verras en het die ideale ligging om as basis vir 'n Karoovakansie of blommekyk te dien."
"Dit was effe steurend van die hoeveelheid mense wat bedel en goed aan jou wou afsmeer sodra mens uit die kar klim of sit en eet by 'n restaurant. Daar is die oulikste eetplekke met die heerlikste kosse."
"Die hele dorp is effektief op Sondae gesluit en as toeristebestemming sal dit nie goed werk nie."
"Yzerfontein is uitstekende plek, pragtige strandfront. Pragtige en rustige dorpie, vakansieatmosfeer."
"Ons was teleurgesteld in die restaurante se spyskaarte wat nie regtig vars seekos bedien het nie."
"Ons het mooi blomme daar gekry en het die dorp net vlugtig besoek. Het gedink die dorp lyk baie verwaarloos."
"Ons is verlief op Paternoster. Ek het in die weskus groot geword en dit bring my terug na my kinderdae."
"Clanwilliam is sentraal geleë om na die blomme te gaan kyk of om die Weskus te besoek."
"Uitstekende plek, of jy nou gaan vir 'n naweek of lang vakansie, of jy nou oud of jonk is, daar is meer as genoeg om te doen en te sien en dit is beslis my gunstelingdorp. Ek gaan minstens 5 keer 'n jaar Struisbaai toe."
"Ons het net weer opnuut besef watter ongelooflike plekke in ons onmiddellike omgewing is en waarvan ons niks weet nie. Ons gaan binnekort weer! "
"Wes-Kaap is heerlik, want jy kry 'n Karoo vakansie en see-vakansie met 'n mooi uitsig en die mense is net almal lekke. Dit baat nie waar in die Wes-Kaap jy reis nie ─ jy sal altyd tuis voel."
"Oe dit is prentjiemooi, die berge skilderagtig en die dorpie so mooi skoon, netjies en vol verrassings en lekker eetplekkies! Ons sal weer wil kom kuier!"
"In die blommeseisoen is dit net mooi bereikbaar vanaf die Kaap vir 'n eerste oornag. Ook naby die ongelooflik mooi Sederberge."