Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 729 reviews.
"Rustige dorp waar jy lekker kan ontspan en tog is daar alles wat jy nodig het - van 'n Spar tot verskeie koffiewinkels en Rosemead bakkery met heerlike gebak. Ook verskeie restaurante. Lieflike lang strand. Mens kan lekker ver stap langs die see!"
"Yzerfontein is rustig met sy mooie natuurskoon en lieflike see-uitsig op sovele plekke. Vriendelike mense in winkels en restaurante. Kos was van gehalte. Kry ook so 'n stukkie natuurlewe ook by. Beveel dit aan vir elkeen wat hou van rustigheid en lekker ontspan. Veilig en netjies."
"Ons eerste besoek aan Yzerfontein, was werklik verras met die pragtige omgewing en dorp in geheel. Het 2 restaurante besoek - beide vra astranomiese bedrae vir eenvoudige bord kos. "
"Dis 'n baie skoon en netjiese plek. Strande is mooi skoon en die mense is vriendelik. Het op geen manier onveilig gevoel."
"A lovely spot close to Cape Town with a beautiful beach, nice restaurants and good facilities."
"'n Fantastiese Weskus-dorpie. Stil, met pragtige strande en loopareas, en ook 'n baie goeie Spar wat alles het wat mens nodig het."
"Yzerfontein is rustig. So rustig dat daar omtrent net een restaurant oop is tydens af-seisoen, so ek sou nie die avontuurlustige siele aanraai om daarheen te gaan nie. Vir 'n paar dae se afskakel is dit egter perfek. Die strand is pragtig wit en die dorpie is lekker stil."
"Absoluut verlief geraak op die plek! Die uitsig is stunning. Soveel lekker goed om te doen in die omgewing. Kaapstad is ook lekker naby."
"Besoek definitief Yzerbru en die bakkery daar langsaan. Beaches is 'n wonderlike restaurant."
"Te min restauarante, geen bootvaarte vir die sonsondergang of na Dasseneiland nie . Die eienaar van die Beaches-restaurant mis ‘n gulde geleentheid om die beste restaurant in die dorp te hê! Blakes en Skuim is ‘n welkome toevoeging tot die dorp."
"Yzerfontein bly die beste, rustigste en mooiste deel van die Weskus. Baie plek vir net jouself tot rus laat verkeer, en moedernatuur waardeer wat min mense deesdae tyd voor kry. Asemrowend. "
"Mooiste uitsig oor die dorp vanaf Atlantic Drive, genoeg restaurante en padstalle om te verken, Darling is naby genoeg vir ’n lekker daguitstappie met baie om te verken, maar die ontspanne en rustige atmosfeer en vriendelike mense is die ware prys."