Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 729 reviews.
"Yzerfontein bied verskeie dienste en het 'n hele paar eetplekke. En 'n 16 Myl-stapstrand!"
"Ons hou van Yzerfontein want dit is net 'n uur vanwaar ons bly. 'n Mens kan uitry na omliggende dorpe soos Darling, Paternoster, Langebaan, ens."
"Ons het 'n sagte plekkie vir Yzerfontein en probeer so gereeld moontlik daar kuier."
"Baie lekker bestemming met heerlike strand en uitstekende restaurante"
"Yzerfontein is 'n klein Weskusdorpie wat 'n rustige atmosfeer skep. 'n Ware besoekpunt vir besige mense wat 'n bestemming soek om te rus, ontspan en die seelug in te asem."
"Die strand is lieflik, die natuurskoon pragtig. Vir baie loop en verder 'n rustige, ontspanne tydjie is Yzerfontein 'n goeie keuse. Yzerfontein is ook lekker naby aan Darling vir 'n dagbesoek."
"Yzerfontein is small and laid back. Not a lot of restaurants to choose from. We mainly went to Lula's (very nice). Perfect for relaxing. Tip: book activities in advance, before you go on your trip. Beautiful sightseeing and small hiking trails."
"Natuur is absoluut fantasties. Die strande is ongelooflik om op te stap. Alles is sentraal geleë en die diens oral is baie behulpsaam en vriendelik."