6 gaste
3 slaapkamers
4 beddens
2 badkamers
- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - 3 Link Road, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
3 Karlin On The Beach is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Freeland Park, naby die goue sand van Scottburgh Beach. Of 'n gas 'n sonsoeker, 'n watersport-entoesias is, of bloot op soek is na 'n rustige plek om te ontspan, dit is net 'n entjie van die voorstoep af.
Dié dubbelverdieping-eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers is albei ingerig met 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer met 2 enkelbeddens. Albei badkamers het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die boonste vlak van hierdie huis maak oop op 'n balkon met pragtige see-uitsigte terwyl die onderste vlak uitloop op 'n patio met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ant Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 3 Link Road, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 3 Karlin On The Beach het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
3 Link Road, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang