Amakhala Quatermain's Camp
6 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- Slaapplek vir 6 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Amakhala Quatermain's Camp, Amakhala Game Reserve, Paterson, 6031, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Amakhala Quatermain's Camp is in 'n beskutte vallei in die Addo-omgewing geleë. Dié toegeruste, ongekunstelde tentverblyf skuil tussen rantjies wat toegerank is met subtropiese plante. Dit is gemáák vir vakansiegangers wat op soek is na safari-verblyf uit 'n vervloë era. Ons 3 tente is ontwerp volgens die styl wat gewild was in die 1920's en al die detail spreek van hartlike gasvryheid.
Elke tent het slaapplek vir 2 mense. Een van die tente het 'n dubbelbed en die ander twee het elkeen 2 enkelbeddens. Elke tent het 'n en suite-badkamers met 'n spoeltoilet en 'n stort met warm water. Elke tent het 'n kas vir jou klere en 'n dekarea met 'n dak, 'n tafel en 2 stoele.
Saans word tradisionele Suid-Afrikaanse kos voorgesit in die sentrale boma onder 'n naghemel wat krioel van al die sterre.
Gaste kan op 'n Groot 5-safari gaan by die bekroonde Amakhala Wildreservaat of die wêreldbekende Shamwari Wildreservaat (wildritte by laasgenoemde moet bespreek word). Dit is 'n malariavrye omgewing. Begeleide wandelinge in die bos en voëlkyk-uitstappies saam met 'n kenner kan ook gereël word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Amakhala Quatermain's Camp, Amakhala Game Reserve, Paterson, 6031, Oos-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Amakhala Quatermain's Camp, Amakhala Game Reserve, Paterson, 6031, Oos-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang