AmaZeng
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 20 Nov 2025 tot 31 Des 2025.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 61 Doornkop, Weltevreden Road, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
-
Vanaf
R880R660 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
AmaZeng, geleë op 'n skilderagtige plaas 20km buite die dorpie Lydenburg, word omring deur uitgestrekte berge, klowe, waterstrome en asemrowende natuurskoon. Hierdie indrukwekkende plaas bied gemaklike akkommodasie, ideaal vir gaste wat 'n blaaskans wil neem van lawaai en die besige stadslewe. Kom geniet die spasie en stilte by ons en herlaai weer liggaam en siel.
AmaZeng bied 'n keuse tussen 'n selfsorg-chalet (Wolf), en 'n sefsorg-plaashuis (Mustang)
AmaZeng Wolf selfsorg-chalet beskik slegs oor gas-en sonkrag-toegehore, wat fantasties is vir gaste wat bietjie nader aan die natuur wil leef. Vir ouers wat hul kinders wil wegneem van tegnologie, en gaste wat weer hul mens-wees in die natuur wil kom vind, sal Wolf-chalet 'n goeie keuse wees. Daar is plek vir 4 gaste.
AmaZeng Mustang selfsorg-plaashuis is groter en beskik oor meer geriewe bv gewone krag, 'n mikrogolf-oond en 'n TV. Daar is slaapplek vir 7 gaste en daar is veilige, onder-dak parkering.
Die eenhede beskik oor 'n goed toegeruste kombuise, sitkamers, badkamers en die slaapkamers is gemeubileer met gemaklike beddens, sagte duvets en kraakvars linne.
Die plaas bied 'n rustige omgewing vir ontspanning, en gaste kan gebruik maak van die braai-areas. Vir diegene wat wil verken, is wandelroetes beskikbaar en vir die waagmoediges wat wil swem, is 'n hele paar koel damme beskikbaar. Met ons gashere op die perseel, kan gaste 'n rustige tyd op die plaas kom geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Farm 61 Doornkop, Weltevreden Road, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm 61 Doornkop, Weltevreden Road, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang