+43
Gastehuis in Erasmuskloof

At Kloof Guest Accommodation

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 137 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Jan D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Luuks, uniek, veilig, gasvry, onvergeetlik. Ons verblyf by AT Kloof in Erasmuskloof, Pretoria, was ’n besondere ervaring. Die dekor in die gastehuis is stylvol en oorvloedig, en soos ’n mens deur die huis stap, ontdek jy by elke hoek en teen elke muur ’n unieke skat. Die bed was uiters gemaklik en het bygedra tot ’n heerlike nagrus. Die klein veranda waar ons gesit en koffie gedrink het, was ’n aangename verrassing. Omdat ons hoog bo die grond was, kon ons met die glas-skuifdeur oop slaap — dit het baie veilig gevoel. ’n Skelm sou behoorlik moes klim om daar in te kom! Die gasheer en sy seun was baie behulpsaam en vriendelik. Ons sal beslis weer daar wil oornag. Dit was werklik ’n ervaring van ’n leeftyd — amper iets vir die emmerskoplys!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wietsche N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Just a nice environment with a friendly host. See stars.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Natie En Elsa P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Lekker geslaap. Verblyf was goed. Gasheer was baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Dankie. Ek hoop ons sien u weer.

Tanya S
Kort verblyf
4.6
Jan 2026

Rustig en veilig. Baie lekker gebly. Gasheer is hulpvaardig en vriendelik.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Dankie. Ek hoop ons sien u weer.

Hanelie E
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2026

Onyx kamer nie geskik vir 2 mense nie. Sit 3/4 bed in vir 1 persoon. Onyx kamer is piepklein. Sou dit waardeer het as daar koffie/suiker in die kamer was.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Hallo Hanelie Ek neem kennis van jou opinie. Ek is nou 6 jaar in die bedryf en het my ligging ook my mark redelik bepaal. Uit ondervinding en aanvraag is dit duidelik dat ouer mense in die huidige ekonomie nie altyd dieselfde inkomste en begroting vir onvoorsiene gesondheidskrisisse het nie. Ek is 600 meter van Kloof hospitaal geleë en sal altyd graag vir hierdie mark ook my eiendom wil beskikbaar stel aangesien daar min eiendomme in die Onyx kamer se prysklas is. Aangesien die kamer die goedkoopste kamer in Erasmuskloof area is, is die waarde vir geld onvergeetlik. My standaard in die kamer is van hoë gehalte. Dankie vir jou terugvoer.

Anonieme gas
1 nag
4.4
Feb 2026

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Mev, ongelukkig is dit hoe my uitleg is en ek gaan dit nie verander nie. Dit benadeel niemand as u deur die huis gaan nie.

Charline C
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2025

Netjies skoon en goed uitgelê. Ons baie welkom laat voel na 'n lang dag op die pad. Netjies skoon en goed uitgelê naby aan alles en weer maklik op terug op die hoofpad te klim N1.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Dankie vir die mooi opmerkings.

Hanelie E
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

Waarde vir geld, 'n pragtige plek. Ons het so welkom gevoel. Akkommodasie het 'n Victoriaanse gevoel, baie stylvol. Gasheer baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Baie dankie

Petro K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

Sal dit vir enige iemand aanbeveel. Gasvryheid tops. Mooiste tuin en dekor. Sal dit vir enige iemand aanbeveel. Gasvryheid tops. Mooiste tuin en dekor. Diens uitstekend. Goeie ligging en veilige area.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Dankie vir u mooi opmerkings. Ek hoop ons sien u weer.

Wendy D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2025

Onverbeterlike verblyf, en baie gerieflik naby aan Kloof Mediclinic. Ek kan nie genoeg sê om op te som hoe wonderlik ek en my dogter ontvang is nie. Nog nooit gashere beleef wat soveel moeite doen en omgee nie. Behalwe vir die beeldskone verblyf, was die huislikheid wat ek sal onthou. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Michael
At Kloof Guest Accommodation
Baie dankie

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Michael Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 137

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf R630
15 % AF
R 630 R 536
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R630
15 % AF
R 630 R 536
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R630
15 % AF
R 630 R 536
per nag (plek vir 2)
Bespreek

585 Kenega Street, Erasmuskloof, Pretoria, 0084, Gauteng

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa943cb97016f35e1d6375677a8dbff9e3f5ec197aad0d5aba935f3a77796ddc2b300f5b81025a433a8fa77ea70c2e0ff1544?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R630 nouVanaf R536 per nag (plek vir 2) 137 5 1 5 585 Kenega Street Erasmuskloof 0084 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -25.8149439 28.2673487

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang