+19
Selfsorg in Highlands Meander

Bottlebrush Stone Cottage

6 gaste

2 slaapkamers

4 beddens

1 badkamer

33% AF!
Weeksdagaanbod
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 28 Apr 2026 tot 30 Nov 2026.
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • R540, Boschoek Road, Dullstroom, 1110, Mpumalanga Sien kaart

Beskrywing

Bottlebrush Stone Cottage is 'n knus selfsorgeenheid op 'n pragtige werkende plaas net 35 km buite Dullstroom en 34 km van Lydenburg af. Dit is die ideale plekkie vir 'n rustige wegbreek.

Die klipkothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en aparte toilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-hoofleefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n etenstafel met 6 stoele. Die knus sitarea het 'n kaggel en 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 kinders. Daar is ook 'n TV met 'n DVD-speler.

Die lieflike eenheid het 'n onderdakstoep met stoepmeubels en braaigeriewe waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle oor die omliggende landskap tuur. Die plaas bied geleenthede vir voëlkyk, voetslaan, fietsry en 'n drafstappie in die vars lug.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Chris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R540, Boschoek Road, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Bottlebrush Stone Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
33 % AF
R 1 200 R 800
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
33 % AF
R 1 200 R 800
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 200
33 % AF
R 1 200 R 800
per nag (plek vir 6)
Bespreek

R540, Boschoek Road, Dullstroom, 1110, Mpumalanga

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf0ec7ff2fa5cf6133a34917b222bf93bd139aad5b9d2fb7b674504d7d017775f01ae9765ffb9b2caef46024268639e78ad24?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R800 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 R540 Boschoek Road 1110 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -25.203310308329 30.277118682861
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang