Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Camp Acacia

Selfsorg
Kamp Acacia
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 6 mense
  • Alleenstaande Eenheid
  • Dubbelbed
  • Lees meer
Beskrywing

Camp Acacia grens aan Amakhala Privaat Wildreservaat en bied selfsorgverblyf in die Groter Addo-omgewing, net 30 minute se ry van Nasionale Addo-olifantpark af. Die kamp is perfek geleë vir gaste om safari-daguitstappies na Amakhala en Addo te geniet. Camp Acacia is 'n ongekunstelde klip- en grasdakkamp met slaapplek vir 6 gaste in 3 A-raam-chalets. Die kamp is langs die wêreldbekende Amakhala Wildreservaat geleë en is ideaal vir diegene wat die uitstekende natuurskoon en wild wat die Oos-Kaap bied te geniet. Die selfsorgkamp spog met 'n swembad, stoep en braaigeriewe, en het 3 en suite-slaapkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis, eetarea en 'n sitarea. Daar is dubbelbeddens in 2 van die 3 chalets en die derde een het 2 enkelbeddens. Elk van die chalets het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Camp Acacia is op 'n heuwel in 'n 300 ha-wildernisreservaat geleë. Met uitstekende uitsigte fokus dié kamp op ontspanning, kook op die vuur en kwaliteit-tyd saam met vriende en familie. Die bewarea het 'n rits staproetes van 3 tot 10 km lank en die terrein is ideaal vir bergfietsryers wat hul vernuf wil uittoets. Die lodge se geriewe sluit 'n swembad met 'n uitsig, 'n aparte kombuis en eetarea, 'n aparte sitarea en kroeg met eetplek buite, 'n braai en 'n vuurput in. Die aparte kombuis is met alles toegerus wat gaste vir selfsorg sal nodig kry, insluitend 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Ekstra geriewe sluit Groot 5-wildritte, begeleide Groot 5-staproetes, en perdry op die naburige Amakhala Wildreservaat in. Daar is ook beperkte WiFi in die sitarea en kroeg.

Die eenheid/kamer het
Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Let asb. op dat Camp Acacia in 'n plattelandse wildernis-area geleë is en dat daar geen winkels naby is nie.
Gaste moet vooraf inkopies doen vir selfsorgverblyf.
Die naaste winkel is 30 km van die verblyf af.
Gaste moet hul voertuig in 'n veilige parkeerterrein agterlaat en sal per wildvpertuig na die kamp vervoer word.
Daar is 'n oorvloed stap- en hardlooproetes om te geniet.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N2, Amakhala Wildreservaat, Sidbury, 6000, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc360fb21642d99c5b28894a24377de1f3d3d3b53ac1878e9eae50ca3d0516f8c90fc4a7d19da64c3e22fc7769f1646420131?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 N2 Amakhala Game Reserve 6000 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-15:00 11:00 -33.536243725524 26.087379455566
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem