- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 58 Heyns Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat Sien kaart
Beskrywing
Cherry House is in Fouriesburg, 'n prentjiemooi dorp in die Malutiberge, geleë.
Cherry House het slaapplek vir 13 gaste en beskik oor 4 verskillende eenhede wat basies vir selfsorg toegerus is. Elke eenheid het gratis WiFi, privaat ingange en veilige onderdakparkeerplek.
Die Shack beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en ’n stapelbed. Albei badkamers het 'n en suite-badkamer met ’n stort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het ook ’n toegeruste kombuis, sitarea en ’n kaggel.
Die Laventel-houthuis het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n tweeplaatstoof, yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, tee- en koffiemaakgeriewe en breekware. Die houthuis lei na 'n stoeparea met 'n bankie.
Roosmaryn-kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en 'n yskassie. Die kamer het baie vensters wat natuurlike lig inlaat en 'n pragtige uitsig oor Meiringskloof bied.
Jasmyn-kamer beskik oor 2 aparte kamers met slaapplek vir 4 gaste. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n badkamer, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en 'n yskassie.
Die area bied doendinge vir gaste en sluit restaurante, perdry, 4x4-roetes, vierwielmotorfietsry, fietsry, voetslaan, bergfietsry, visvang, gholfspeel, en wyn-, gin- en bierproe.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Elsa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 108
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 58 Heyns Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
- Gaste dink Cherry House het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
58 Heyns Street, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang