14 gaste
6 slaapkamers
9 beds
5 badkamers
- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 5D Sandra Place, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Clarke Bay Beach House bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim strandhuis wat oor verskeie verdiepings strek en in privaat besit is. Die strandhuis is net 450 m se stap van die gewilde Clarke Bay-strand in Ballito af. Die verblyf is in 'n stil residensiële straat en is dus geskik vir gesinne.
Die strandhuis bied 'n ontspanne wegbreek vir groot groepe en beskik oor 6 slaapkamers wat slaapplek aan 10 volwassenes en 4 kinders in totaal bied. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n privaat balkon. Daar is 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk, 'n kinderkamer met 2 stapelbeddens en 2 en suite-gastesuites met lugversorging en 2 enkelbeddens elk. Daar is ook 'n gesinsbadkamer en 2 gastetoilette, een op die grondverdieping en die ander op die tussenverdieping. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar in die huis.
Die tweede verdieping het 'n groot onderdakbalkon waar gaste rondom die gasbraai kan kuier en onder is 'n vermaakarea met 'n TV-sitarea, 'n kroeg, pooltafel en 'n stoep met 'n uitsig oor die swembad en die tuin. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf. Die huis het oorgenoeg parkeerplek en word met 'n alarm en laserstraal, asook 'n kontrak-sekuriteitsdiens beveilig.
Let asb. dat geen groot groepe volwassenes toegelaat word nie. Dit is slegs 'n gesinsvakansiehuis.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Bianca Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 5D Sandra Place, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Clarke Bay Beach House het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
5D Sandra Place, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang