Coral Island 204
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 88 Coral Road, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 854 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Coral Island 204 is 'n pragtige selfsorg-vakansiewoonstel met boheemse tema wat ideaal geleë is in 'n veilige kompleks in die hartjie van Bloubergstrand. Dit is 'n ideale keuse vir 'n gesinsvakansie want dit is stapafstand vanaf die gewilde Blouberg-strand geleë en spog met lieflike see-uitsigte.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste kan gebruik maak van die tweede badkamer wat ook 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste word egter verplig om hul strandhanddoeke saam te bring.
Die lieflike oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en skottelgoedwasser ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeur is daar 'n oulike balkon met buitesitplek wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie kompleks is naby talle winkels en bekende restaurante in die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 790
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 88 Coral Road, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Coral Island 204 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 88 Coral Road, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang